Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
9 views

Taalmaand in Augustus gevier

Page 1
posts 1–1 of 1
superstar - founder
993 posts
Afrikaans, isiXhosa, Engels en Sesotho … ’n bymekaarkoms van dié tale vind op Saterdag 23 Augustus in Mbekweni net buite die Paarl plaas as deel van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument se Taalmaandvieringe. ’n Multikulturele, veeltalige program met gedigvoorlesings, sang, dans en tradisionele kos wag op besoekers aan Chippa’s Place, ’n plaaslike restaurant, wat met die Taalmuseum en Paarl Toerisme saamspan vir dié fees met die naam “Met eish, ja”. ’n Feesbus sal besoekers vanaf die Taalmuseum na Chippa’s Place vervoer.

Die Taalmuseum, wat sedert 1999 ’n jaarlikse Taalweek vier, werk vanjaar met verskeie organisasies saam om ’n maandlange program van musiek, voorlesings, praatjies, opvoedkundige programme en geleenthede vir vroue in die Paarl en omgewing aan te bied. Dié spesiale Taalmaandprogram is ook ter ondersteuning van die Verenigde Nasies se verklaring van 2008 tot die Internasionale Jaar van Tale.

Kliek hier vir die volledige program.
__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
Page 1
posts 1–1 of 1

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now