Hi Annelise,
Baie dankie vir die inligting. Ek het ook so 'n ruk gelede 'n boek geskryf en wou self uitgee. As 'n proeflopie het ek die manuskrip vir 'n paar kennise gegee (party hou van lees, ander nie) en was nogal verbaas oor die terugvoer. Almal het van die storie gehou en wou weet wanneer word die boek gepubliseer.
Aangesien ek nie 'n kundige op die gebied is nie, het ek iemand gekry om my te help om die boek voor te berei. Na ses maande het die persoon my gekontak en kon ek die geleentheid kry om die finale produk te aanskou.
Wat 'n teleurstelling, groot gedeeltes is uitgelaat, daar was nog steeds verskeie spelfoute ens. Ek het die persoon gekontak en wou weet of ons asb. die boek kon bespreek. Daar is aan my gesê dat ek die boek moet aanvaar, of dit moet los.
Radeloos, het ek die boek na verskeie uitgewers gestuur en van almal 'n mooi briefie ontvang, maar niemand was bereid om die boek te publiseer nie.
Kan ek jou dalk kontak sodat ek die nodige inligting kan bekom van iemand wat bereid sal wees om die taalversorging te doen, asook verdere hulp met die manuskrip. Ek wil nie weer 'n paar duisend rand spandeer en dieselfde stel aftrap nie.
Groete
Nico