Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
404 views

Self Uitgee of soek vir 'n Uitgewer?

Page 1 · 2
posts 1–20 of 31 newer >
superstar - founder
991 posts
So baie mense wat hier lees het al gesukkel om iets aan 'n uitgewer of 'n tydskrif voor te lê, en deesdae is daar al hoe meer opsies om self 'n boek uit te gee. In vandag se Rapport is 'n interessante stukkie deur Madeleine Barnard wat die voordele en nadele opweeg.
__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
superstar - member
291 posts

Die probleem is net, wie het geld om self te publiseer? Dikwels dink 'n mens dat jou produk goed genoeg is, maar hoe weet jy of dit werklik goed genoeg is? Waaraan kan jy dit meet? Dis nogal hoekom ek vol moed is met hierdie forum en ook die Skrywersforum. Dalk kan ons, onder mekaar aan ons werk skuur en skaaf en so uiteindelik weet of dit die moeite werd is om die pad verder te loop.

Ek sal graag wil hoor wat sê die ander?

__________________
'Ek is, die Here hoor my 'n vry fokken vrou' Antjie Krog.
regular - member
121 posts

Ek dink dis 'n goeie idee om 'n onafhanklike persoon te kry om 'n manuskrip te lees voordat jy dink aan selfpublikasie. Die ding is net; vir wie vra 'n mens? Jou vriende wil nie naar met jou wees nie, hulle se gewoonlik die goed wat jy skryf is nice of lekker. Die probleem kom ook by die boek se verpakking in; as jy wil kompeteer met ander moet die boek professioneel lyk. En die bindmetode is net so belangrik; al wat, volgens my, werk, is stitching. En dan kyk jy na so R25000 vir 'n drukoplaag van 1000. Dan moet die boek nog versprei ook word - boekwinkels gaan nie sommer by 'n skrywer wat sy eie werk verkoop, koop nie. Sit dus nog so 20% by die R25 per eksemplaar wat die boek jou kos. Boekwinkels self vat so tussen 40 en 45%. Daarna kry jy net twee keer 'n jaar geld van die boekverspreider af, vir die boeke wat reeds verkoop is. Mens wag dus lank om wins, indien enige, te maak. Dis 'n peperduur speletjie. Maar dit is lekker; ek wil enigiemand wat die passie en die lus en die geld het om dit te doen, net goeie wense toewens.

regular - member
121 posts

Voeg ook by die onkostes die taalversorging, redigering, proeflesing omslagontwerp, bladuitleg en die boekbekendstelling by. Mens kyk dus al na so R35000 - R40 000 vir 'n drukoplaag van 1000. Dan is daar die administrasie; ISBN nommers, pliglewering aan die biblioteke, networking met boekresensente by dagkoerante, uitstuur van resensiekopiee en nog 'n klomp ander goed. As jy meer geld het: hoe groter die drukoplaag, hoe kleiner die koste per eenheid. En hoe groter die spasie in jou garage wat nodig is vir onverkoopte boeke ...

superstar - member
291 posts

Nadia, by jou eerste pos het jy al van kostes ver bo my vuurmaakplek gepraat! Ek stem saam met jou, wanneer vriende of kennisse jou pogings lees, is hulle dalk nie altyd so eerlik nie. Dis hoekom ek hierdie forums, BM, Pennestreke en ook Skrywersforum sien as plekke waar ons mekaar se werk kan bekyk - op 'n eerlike manier. So weet jy darem of dit die moeite werd is om aan te gaan.

Maar ons is ook nie almal administrateurs nie, ons wil skryf. Admin, kan soos met baie ander dinge, die doel vernietig! Wat bly oor? Uitgewers. As hulle net wil lees wat mens skryf. Uiteindelik dink ek die probleem is dat daar die genoeg uitgewers is nie, te veel literêre snobs is en te min geld om werklik die druk van Afrikaanse boeke te finansier.

Dit bring mens dalk by borge uit. Ek dink ek weet nou aan wie ek my skamele nalatingskap moet bemaak! Daar kan dalk 'n trust of wat ook al, gestig word vir die bevordering van gewone Afrikaans. Boeke vir mense wat ons boeke wil lees.

__________________
'Ek is, die Here hoor my 'n vry fokken vrou' Antjie Krog.
superstar - member
223 posts

het die hele boksemdaais sopas met willemien deurgeworstel. jou beraming van R40 000 is in die kol, voor jy een kopie verkoop het. sit eerder op die stoep en skuif agter die son aan, dit is 'n aangenamer manier om jouself te verarm.

superstar - member
223 posts

kadys - "boeke vir mense wat boeke wil lees" Ek sien Kaffertjie wat die Rabie/Rapportprys gewen het se outeur, Johan Engelbrecht bied digitale kopies van die boek verniet aan op sy webwerf. http://www.kaffertjie.co.za/index.htm
Ek het die boek self twee keer gelees en dit is jammer dat die kunswerk nie verkoop nie. ek deel Johan se sentiment waar hy in Kaffertjie glo en dit net gelees wil kry.Ek sou graag Kiewietan op so n wyse aan lesers wou aanbied - "Boeke vir mense wat ons boeke wil lees." - n gepaste motto vir boekemakranka

superstar - member
291 posts

Om te sê dis beter om agter die son aan te trek, klink aanloklik, maar wat word dan van al die stories in 'n mens se binneste? Hulle moet uit. Deel van die skryf, is die terapeutiese waarde, maar wil nie mens ook maar hê dat dit gelees word nie. Dis hoekom ek dink, ons hier, moet hard daaraan werk om boeke, al is dit ook dié van ander, gepubliseer te kry. Ek het steeds 'n boek(e) in my maar mens is nie gemotiveerd nie. Dis harde werk om te skryf en erg as jy dit net vir jouself doen! Mens het stimulering van buite nodig.

__________________
'Ek is, die Here hoor my 'n vry fokken vrou' Antjie Krog.
superstar - founder
991 posts
Ek het Kaffertjie so pas van hom gekry, sien uit daarna om dit te lees! So 'n ou verdien dat sy boek verkoop! Maar nou ja, boekwinkels werk met strategieë wat aan ons onbekend (en bleddie onbemind! is)
__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
novice - member
22 posts

Hi almal,

Dit is vir my verstommend hoe drasties Nadia en Abrham se belewenis van selfpublikasie van myne verskil. As ons vir eers net na die finansiële implikasies kyk, het ek 'n totaal ander paadjie geloop. Die volgende aanvangskostes was ter sprake. 'n Leesverslag by 'n vooraanstaande "editor" en keurder wat my gehelp het om die laaste kinkels in die storie uit te stryk het my R500 gekos. Dis 'n eenmalige bedrag. Op hierdie oomblik word die taalversorging van my volgende boek gedoen. Die hoogste "going rate" vir taalversorging sal my nie meer as R3 200 vir omtrent 30 000 woorde kos nie. Dis ook eenmalig. Die uitleg van 'n boek kos so R300 per uur en dit neem nie langer as 3 ure nie. Weereens eenmalig. Dan kom mens by die drukkoste. Dit kos ongeveer R30 per boek en my boeke word ook gestik. Mens hoef nie dadelik 500 boeke te druk nie. Jy kan met 100 begin - of selfs minder. Dit kos effens goedkoper om meer op 'n slag te druk, maar nie soveel dat dit jou sal dwing om 500 te druk nie. Ek het geld geleen en alles saam het my nie meer as R15 000 gekos nie. Ek moes iets soos 110 boeke verkoop om my skuld terug te betaal. Die daaropvolgende drukke het alles uit die wins van my eerste verkope gekom. En onthou, dan betaal jy net vir die drukkoste - die aanvangskoste is reeds teruggekry.

Die hoofrede waarom mense self hulle boeke uitgee is nie, soos uitgewers probeer beweer, omdat hulle manuskripte nie deur uitgewers aanvaar is nie. (Natuurlik is elke boek wat die lig sien nie briljant of selfs goed nie, maar ek glo dat elke mens die reg het om nog steeds dit te doen as hy/sy wil. Niemand dwing die lesers om dit te koop as hulle nie dink dat dit goed genoeg is nie.) Ek hoor stories van keurders by groot uitgewers wat hope vol boeke op hulle tafels het, maar nie lus is om daardeur te werk nie, want meeste is nie op standaard nie. Wat gebeur met die een vol belofte wat onder lê en wag? Ek hoor ook stories van uitgewers wat nie die boeke ordentlik bemark nie en dat die skrywers soms self dit aan die boekwinkels moet gaan voorlê.

Die belangrikste rede waarom al meer skrywers wat hulle eerste boeke deur uitgewers die lig laat sien, die volgende boek self publiseer, is omdat skrywers omtrent niks vir hulle werk kry nie. Is vyftien persent van die prys nie die gemiddelde bedrag wat 'n skrywer per boek ontvang nie? Dit kos plus-minus R30 per boek om self te publiseer (vir my het dit soveel gekos). As jy dit vir R100 per boek verkoop maak jy 70 persent wins per boek. (Ek is nie 'n wiskundige nie - het dit reeds in standerd 7 gelos, maar ek dink ek redeneer nou reg.) Dit is so dat die boekwinkels 40 persent van die prys vat, maar dit kom nie alles uit jou wins nie. Ek verkoop die boek teen R80,00 elk aan boekwinkels. Dit beteken jy sit op die faktuur 40 persent by die R80,00 wat jy dan weer aan hulle as afslag gee. En dan maak jy nog steeds 50 persent wins op daardie boek.

As jy wil skryf en 'n boek wil uitgee is daar niks op aarde wat jou kan of moet keer nie. As dit jou droom is om 'n spesifieke storie te vertel - go for it. Leen bietjie geld en verkoop 100 en kyk wat gebeur. As ek dit kon doen, dan kan enigiemand. Jou boek sal heel waarskynlik nie geresenseer word nie en jy sal nie as skrywer erken, "newwermaaind" gekanoniseer word nie (klink my dis 'n groot issue), want jy het nie deur die amptelike kanale gegaan nie. Dis ok.

Jy sal wel direkte kontak met jou lesers hê en briewe ontvang wat jou laat huil van dankbaarheid. Wanneer jy jou boeke by die winkel gaan aflewer, sal die bestuurders met jou kom gesels oor die mense wat jou boeke koop en jou met 'n glimlag begroet (en herken!). Jy sal nie net 2 keer per jaar betaal word nie - elke boek uit die hand is onmiddellike geld en Fascinations betaal na 'n maand. Exclusives betaal na 2 maande. En alhoewel ek vir 'n ruk lank self in die poskantoor se ry moes staan om boeke te pos, was dit vir my op die einde oor en oor die moeite werd.

Miskien dra my persoonlikheid bietjie by tot die feit dat ek selfpublikasie bo 'n uitgewer verkies. Ek hou daarvan om self oor my voorblad te besluit. Ek hou daarvan om self die uitleg van die boek te bepaal. Ek gebruik kundige mense om my te adviseer, maar die uiteindelike besluit is myne. En dis vir my reg so. Dis my produk. Sonder my sou daar nie so 'n storie gewees het nie. Hoekom kan ek nie ook 'n sê hê oor hoe die finale ding moet lyk nie?

Ek vermoed dat al wat uitgewer en resensent is my gaan wil kruisig. Dis hulle brood en botter - hulle moet daarvoor veg. Veral aangesien ek amper seker is dat ek heelwat spelfoute en taalfoute in hierdie relaas gemaak het. :) ) En ek kan sekerlik vergeet om nou ooit 'n boek deur 'n uitgewer te publiseer. Maar hulle hou in elk geval nie van my onderwerpe nie.

Ek was van plan om in stilligheid met my dinge voort te gaan en nie storms in rooiwynglase te veroorsaak nie. Maar noudat hierdie gesprek uitgebreek het, het ek gevoel dat ek tog my belewenis moet deel sodat iemand wat ernstig oor selfpublikasie is, nie dalk moedeloos word en hulle droom laat vaar nie. My storie het 'n gelukkige einde gehad - maar ek moes oë toeknyp en spring.

En so onderdeur die radar is ek gelukkig. Dinge is in elk geval aan die verander. Dit is net die wat die meeste kan verloor wat nie die skrif aan die muur wil lees nie.

As ek armer was na my oefening in selfpublikasie sou ek dit sekerlik nie weer aangepak het nie. My nuwe boek sal hopelik binne die volgende twee maande verskyn. En dan begin die rollercoaster rit van voor af - en ek kan nie wag nie.

__________________
i found god in myself & i loved her i loved her fiercely. - Ntozake Shange
superstar - member
223 posts

annelise, dankie vir jou brief en uiteensetting. ongelukkig vir my het ek nie rondgeshop nie en van meer as een editor gebruik gemaak. my drukkoste was R20 000 vir vyfhonderd wat bladuitleg ingesluit het. ek het R14 000 vir editing betaal en die res was diverse koste soos petrol, manuskrip binding, internet, posgeld en die bekendstelling in rustenburg. ek laaik jou budget en gaan beslis met nr3 by jou kom aanklop. kadys, sien jy daar is mense wat somme kan doen en dit nog laat balance ook. toegepaste wiskunde of hoe annelise?

superstar - member
291 posts

Annelise, baie, baie dankie dat jy dit met ons gedeel het. Dit gee my sommer weer moed. Abrham, beskou jou ondervindings as skoolgeld. Ons het hier op die forum 'n Taalpraktisyn, een van die beste wat daar is. Ons hoef nie eens van haar spesiale afslag te verwag nie, maar omdat sy vryskut werk, is ek seker ons sal van haar dienste gebruik kan maak. Daar is ander ook wat so werk. Ek is seker hulle gee nie om wie aan hulle die werk verskaf nie, solank die betaling net stiptelik is.

Ek sê weer, hierdie twee forums gaan nog 'n goeie pad stap en ons moet net saamstap en ons kant bring. Minder ginnegaap en die koppe laat sak!

__________________
'Ek is, die Here hoor my 'n vry fokken vrou' Antjie Krog.
superstar - member
223 posts

Minder ginnegaap en die koppe laat sak! - huh !!! ek stryk nie en aardappel skil is nie een van my sterkpunte nie. se maar my inspirations kry ek alhier - kreatiewe ginnegaap ?

guest
0 posts

Annelize, ry jy self landwyd om die boeke aan winkels te verkoop? En behartig jy self die administrasie rondom verkope, bestellings en betalings? Ek het nie die weelde van tyd gehad nie (omdat ek 'n day job het) en het besluit om 'n boekverspreider, wat reeds aan die winkels bekend was, te gebruik. Met al hierdie kennis van jou kan jy 'n lekker selfpublikasie-huis (soos Jorrie s'n) aan die gang kry!

superstar - member
291 posts

Abrham, skryf is harde werk wat baie selfdissipline verg, ek sukkel baie daarmee. As mens vir inspirasie wag, gan jy maar min skryf. Onthou net, jy het dit, pas dit toe. Daar is sekerlik nog 'Kiewietan' stories in hierdie land.

__________________
'Ek is, die Here hoor my 'n vry fokken vrou' Antjie Krog.
regular - member
198 posts

Hi almal,

Ek sal nou maar my eiertjie ook lê oor die uitgewersbedryf. Laat ek sommer aan die begin sê dit wat die uitgewers van Afrikaanse boeke in die land wat direk daarvoor verantwoordelik was dat die Skrywersburo tot stand gekom het. Ek het al by verskeie geleenthede my eie en ander mense se werk na uitgewers of skrywers (meestal mense wat ek ken) gestuur en het nooit enige reaksie teruggekry nie - trouens ek moes sukkel om die manuskripte terug te kry. En as hulle nog bereid is om daarna te kyk, moet jy 'n plaas se prys daarvoor betaal.

Toe die Versindaba drie jaar gelede in Stellenbosch begin is, is daar gesê dat dit 'n platform sal wees vir die ontdekking en ontwikkeling van nuwe digters en hulle werk - van die ideaal het daar nie veel gekom nie. Twee jaar gelede het hulle 'n tipe werkwinkel gehad vir mense om hulle gedigte voor te lees, en hulle was oorval met aansoeke - die oefening is nie verlede jaar herhaal nie - weet nog steeds nie hoekom nie. Na drie jaar het ek tot die gevolgtrekking gekom dat dit nou 'n egotrip geword het vir 'n paar gevestigde skrywers wie se werke hoofsaaklik deur Protea uitgegee word.

Ek het sedert die stigting van die Breederivier Taalburo 2 jaar gelede, manuskripte met gedigte, kortverhale ens ontvang. Onder die werke was daar werklik werke van bostaande gehalte - een vanaf Bloemfontein en een van iemand wat ek hier in Robertson ontdek het. Ek het verlede jaar by die Versindaba die twee manuskripte (wat netjies versorg en gebind is) in die hande van Protea se baas gegee en gevra dat hulle daarna moet kyk. (Het gedink omdat hy my soort van ken, sal daar darem iets van kom). Ek het die manuskripte die Saterdagmiddag aan hom gegee - groot was my verbasing toe ek die Woensdag van die volgende week 'n oproep uit Pretoria kry om te sê die werk is nie goed genoeg vir publikasie nie.

Ek is nou die geniaal slim nie, maar selfs vir iemand so dig soos ek met tye is, was dit duidelik dat die manuskripte nie eers oopgemaak is nie - hulle het dit sumier net afgewys.

RSG se leeskringprogram het 'n onderhoud met my gedoen met die stigting van die skrywersburo en ek het hulle dieselfde storie vertel. Twee onderhoude met uitgewers - een van Protea en die ander van Tafelberg - is ook gedoen nav my opmerkings.

Hulle het hoog en laag gesweer elke manuskrip word gelees en op meriete beoordeel word---- wel ek wil dit nog sien. Ek was lank in die boekbedryf en weet dat weinig indien enige manuskripte gelees word van skrywers wat nie deur skrywers, letterkundiges of die een of ander hogere gees in die litêre bydryf aanbeveel is nie.

Dis toe dat ek die bul of die koei by die horings gepak het en die skrywersburo begin het - deel van ons missie is om mense te help om hulle werk self te publiseer.

Afgesien van die fenomenale koste daaraan verbonde is daar ook gevare. Daar is heelwat "onafhanklike uitgewers" wat mense se werk sal publiseer - teen 'n helse prys - die tipe "vanity publishers" maak 'n lewe daaruit om skrywers wat nie kennis het van die bedryf nie, se werke vir hulle uit te gee en te druk. Dan kom laai hulle die 100 - 500 kopieë by jou huis af en jy moet self sien hoe dit bemark en verkoop word. Vir mense wat wil self publiseer - maak seker dat julle weet waarvoor julle jul inlaat voordat julle geld uithaal.

Een van die kleiner uitgewers wat ek met vertroue kan aanbeveel is Bent Uitgewers in Pretoria. Johann de Jager is die man aan die roer van sake en is iemand vir wie Afrikaans net so belangrik is as vir ons hier op die leeskring.

Nou ja, nou het ek ook my eier gelê en mag hy val waar hy wil.

Anita

rookie - member
4 posts

Hi, almal, ek het sover 56 boeke gepubliseer gekry by verskilede uitgewers en het nie self die guts of die tyd of die geld om self te probeer uitgee nie. Die geheim vir my was om net eers kontak te maak met 'n uitgewer, dan 'n vertrouensverhouding op te bou met hom of haar, en elke jaar te vra wat hulle nodig het vir die volgende skryfjaar. My goed vir 2009 is reeds gefinaliseer en ek moet 7 gecommissionde boeke lewer. My eerste boek by LAPA (Ware Spookstories en Ander Grusaamhede) is 5 keer in 5 weke herdruk, met 'n oplaag van 10,000 en my eerste tantiemetjek was R27,000. Maar ek het stap vir stap saam met die uitgewer gewerk en 12% tantieme gekry, nadat ons op spookstories beslit het want mense vrek daaroor. Die teikenmark is belangrik! Dit vat minstens vier jaar voor jy gereeld kan werk vir 'n uitgewer, maar dis die moeite werd. Jy moet bereid wees om oor te skryf as hulle so vra. Een van my boeke se kommentaar was: "Hou van die eerste paragraaf. Gooi res weg en skryf storie uit tweede karakter se oogpunt met 'n moord iewers in." Ek het dit gedoen, die boek is gepubliseer en het goed verkoop. Die groter geheim is, moenie ophou nie. net 3 bladsye per dag is 90 per maand. 180 in twee maande, boek is klaar. Go for it!
Vertrou op jou uitgewer en hou aan, wees geduldig. Joy en Blessings, Leandré Hanekom.

superstar - member
291 posts

Dankie, Anita, ek kry al meer moed en is so bly dat ek deel van hierdie forum kan wees. Hier gebeur dinge en gaan ook nog dinge gebeur. Vir my, al is ek 'n gepubliseerde skrywer, en seker ook sommige van die ander, is al die raad so wonderlik.

__________________
'Ek is, die Here hoor my 'n vry fokken vrou' Antjie Krog.
superstar - member
291 posts

Leandré, dit klink goed. Maar my uitgewer stel nie meer belang om uit te gee nie, ek moet dus van voor af begin. Maar ek kan saam met jou stem, 'n uitgewer wat sy sout werd is, is goud werd. My uitgewer het ook 'n pad met my gestap, iets waarvoor ek baie dankbaar is, maar nou moet ek van voor af begin soek.

__________________
'Ek is, die Here hoor my 'n vry fokken vrou' Antjie Krog.
rookie - member
4 posts

Dit was interessant om Sabine se kommentaar te lees. My ervaring is dat as mens die regte teikenmark het, 'n aktuele, goeie tema het, volgens aanvaarde uitgewers guidelines skryf, die boek goed spellcheck of laat proeflees deur akademiese vriende wat jou nie geld vra daarvoor nie en vir wie jy weer iets in ruil doen, en bereid is om te cut en stitch daaraan, gaan jy 'n uitgewer kry. Ek het al sover gegaan as om my een uitgewer wat na jare ook my vriend is te sms en te sê
"Besig aan 'n Engeleboek vir 4 jaar.Klaar. Stel jy belang?" Dan sms hy terug "Ja." Maar dit kom alleenlik as jy meer as jou kant vir hom bring, by deadlines hou, en kwaliteitwerk lewer so goed as jy kan. Hy het my al tienuur snags gebel en gevra "hoe gou kan jy .... se hoofstuk oor sosiale wetenskap Graad 9 regklap?" Dan klim mens op die internet, jy werk dag en nag vir 'n week, jy slaap in jou skryfkamer op die tikstoel, en jy bly by sy oorspronklike deadline. Hy moet weet dat hy enige tyd, enige plek op jou kan staatmaak om 'n resensie, 'n koerantberig, 'n advertensie of 'n sinopsis van 'n boek te lewer, en dat dit foutloos sal wees. Harde werk, harde werk, maar dit werk! Joy en Blessings, Leandré.

Page 1 · 2
posts 1–20 of 31 newer >

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now