Die assosiasie tussen Mooiloop en ReisNet groei vanjaar tot nuwe hoogtes. Mooiloop en ReisNet gaan van nou af maandeliks fokus op ’n bestemming. ’n Erkende skrywer skryf sy/haar ervaringe oor ’n plek, terwyl een LitNet-leser se skrywe oor dié bestemming saam met die skrywer se verhaal in Mooiloop verskyn. Al die leser-inskrywings verskyn op Mooiloop |LitNet ReisNet en die erkende skrywer se bydrae verskyn terselfdertyd op ReisNet en in Mooiloop .
Skryf 300 woorde oor jou herinneringe of indrukke van die bestemming - wat maak hierdie bestemming vir jou spesiaal? Stuur jou inskrywing na reisskryf@litnet.co.za en staan die kans om 'n naweek-wegbreek ter waarde van R2000 te wen en terselfdertyd saam met een van ons groot skrywers gepubliseer te word.
Die maandelikse wenner wen ’n naweek vir twee by ’n B&O tot ’n maksimum van R500 per persoon per nag vir twee nagte. Ter wille van beskikbaarheid moet jy ’n keuse van drie B&O’s en drie naweke gee. Vervoerkoste na en van die bestemming is uitgesluit.
Die tema hierdie maand se kompetisie is: Herinnering aan die Vrystaat.
Stuur jou bydrae na my by reisskryf@litnet.co.za. Sluitingsdatum: 7 Julie 2008
Lekker skryf!