Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
96 views

Die Nagtegaal Teater Teksprys

Page 1
posts 1–2 of 2
superstar - founder
993 posts

Daar is drama in die land: die tafel is gedek vir die nuwe Nagtegaal-teksprys. Dramaturge moet hul vere regskud, want die sluitingsdatum is 31 Augustus 2008. Die wenstuk tref die planke reeds einde Janaurie 2009 op die Suidoosterfees in die Kunstekaap. Daar is ‘n slypskoolnaweek by Clara Anna-fontein buite Durbanville oor die naweek van 17 tot 19 Oktober.

Intussen het daar baie werk agter die skerms plaasgevind om blootstelling aan die wenteks te verbeter. Een van die doelstellings van Dirk Nagtegaal was om van die teksprys ‘n nasionale feesproduksie te maak deurdat dit regdeur die jaar speelvak geniet. Hierdie mylpaal is nou bereik danksy die ondersteuning van al die groter feeste.

Die teksprys se eertydse bondgenoot, Absa KKNK, is weer aan boord. Brett Pyper het ingestem om die wenstuk speeltyd tydens die 2009-fees te gee. Die sluitingsdatum vir KKNK-inskrywings is dieselfde as die Nagtegaal-teksprys s’n. So kom alle inskrywings van nuwe werk vir die KKNK outomaties in aanmerking vir die Nagtegaal-teksprys.

Die ander feeste was ewe entoesïasties. Die wenstuk in die Nagtegaal-teksprys sal in 2009 op die volgende feeste speel: Die Suidoosterfees in Kaapstad, Die Woordfees in Stellenbosch, Absa KKNK in Oudtshoorn, Innibosfees in Nelspruit (hulle moet nog finaal instem), Die Volksbladfees in Bloemfontein en Aardklop in Potchefstroom. Dit gaan ook op kleiner feeste en in ander dorpe opgevoer word.

So, daar is heelwat op die spel. Laai jou inskrywing af by www.genugtig.com, skakel vir Bev Maritz by 021 5212000 of 083 504 3665 of e-pos  bev@genugtig.com. Breek ‘n been!

 

 

 

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
superstar - founder
993 posts
Die Nagtegaal-teksprys se finaliste vir 2008 is pas aangekondig. ’n Rekord-getal tekste is vanjaar ingeskryf vir dié kompetisie. Die keurders (E.K.M. Dido, Hennie van Greunen en Nico Luwes) het ure bestee om deur die 65 inskrywings te werk en dit te beoordeel. Alle tekste is anoniem en volgens die voorgeskrewe kriteria beoordeel. Ná besinning het die beoordelaars hul punte aan die organiseerdes (Dirk en Reinet Nagtegaal en Joho! uitgewers – voorheen Genugtig! uitgewers) deurgestuur. Weens die geringe punteverskil en die kwaliteit van die tekste, het die organiseerders besluit om 5 finaliste, pleks van die beplande 3, na die slypskoolnaweek van 17 tot 19 Oktober 2008 by Clara Anna Fontein, Durbanville, te nooi. Die 5 finaliste is (in geen spesifieke volgorde nie):

 

·  Mara Wie? (Kobus Burger)

·  Hol (Nicola Hanekom)

·  Maskermaan (Cecilia du Toit)

·  Die Naaimasjien (Rachelle Greeff)

·  Jonas (Daleen Kruger)

Die slypskoolnaweek word vanjaar die eerste keer gehou. Hiertydens sal elke finalis op rotasiegrondslag met elke beoordelaar, die regisseur Marthinus Basson en twee fees organiseerders, Niel Le Roux (Suidoosterfees) en Brett Pyper (KKNK), in gesprek kan tree oor sy/haar bepaalde teks. Die wenstuk word op die bekendstellingsgeleentheid (19/11/ 08) van die Suidoosterfees 2009 aangekondig en sal vir die eerste keer op die planke wees ten tyde van dié fees.

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
Page 1
posts 1–2 of 2

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now