Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
Page 1
posts 1–12 of 12
superstar - founder
993 posts
Wie van julle het al die nuwe Pomp onder oë gehad? Ne, nee, nee, dis nie Boekemakranka se nuutste Koekiemakranka nie, dit 'n tydskrif! Of 'n joernaal, of iets. En het nog net goeie dinge gehoor, maar nog nie een gesien nie.

Melvyn Minnaar het daarna gekyk in Die Burger:

Nuwe swaargewig imponerend, maar hoe gewigtig?
22/06/2008 07:05:54 PM - (SA)

 

POMP 08, uitgegee deur Hendrik Venter, ontwerp deur Thomas Mollet. Griffel Media, 2008. (Sagteband, 456 bladsye, ISBN 9 780 98140 361 8.)

 


VIR minder as R200 kry jy ’n soliede stuk sagteband (dink: geelbladsygids-swaar) – wel, eintlik ’n ultra-tydskrif of, om meer presies te wees, ’n ondernemende ­Afri­kaan­se joernaal. Die plan is dat dit van nou af elke jaar sal verskyn en ons, in Afrikaans, op hoogte sal hou van eietydse sosiale kultuur – alles insluitend, van argitektuur tot wyn. Inderdaad ondernemend. Goeie waarde, altans wat gewig betref. Hoe gewigtig is iets anders.

 

Onbeskeie ’n naloper van die bekende Belgiese jaarblad Snoecks, wat al sedert die jare twintig bestaan (wel, eintlik was sy voorganger, De Kleine Snoeck’s ­Almanak al van 1782 gereeld op die rak), maar veral die laaste klompie jare aandag trek met sy voorbarige verslag oor en ­verbeelding van eietydse populêrekultuurneigings.

 

Met die gewildheid van die sogenaamde leefstyl-tydskrifte, verkope aangevuur deur mode, is dit maklik om te sien hoe ’n tydskrif wat die Pasella/Top Billing-maatstaf vir goeie smaak hoër lig ’n ­suksesvolle nismark kan hê. “Tendens” is dan ook die sleutelbegrip en opskrif vir vele van die afdelings.

 

Nes Snoecks steun Pomp (en vir dié lekker op-en-wakker titel alle eer aan die avontuurlustige uitgewers, wat ook onder die gawe naam Griffel publiseer) sterk op die visuele. Ontwerp en fotografie is dus belangrike elemente. Wat uitleg en ­aan­bie­ding betref, is die blad vars en ­netjies, onopgesmuk. Wat fotografie ­betref, is daar natuurlik die kwessie van keuses en die reproduksie (en drukwerk) wat in die spel kom.

 

Soos Snoecks, wil Pomp die populêre kul­tuur wat hy in die oog het, alles­be­hal­we elitisties benader of uitbeeld, en gooi hy ’n paar skuins draaie. Dis ’n fyn balans wat veral in Afrikaans van die wa kan afval. Anders as Snoecks, wat die laaste jare met lustige mooi meisies à la ons legendariese Scope op die voorblad spog, is die eerste Pomp meer beskeie met sy naakte blondine. (’n Mens moet sekerlik ook nie onmiddellik die tydskrif-titel met jou drifte vereenselwig nie!)

 

Dis ook sekerlik verstaanbaar dat ’n ­eerste uitgawe versigtig sy gebied sal af­baken om nie aanstoot te gee nie, maar tog hoop om die meeste van sy potensiële ­lesers te lok. ’n Mens kan nie help om ­onmiddellik aan die begin en geskiedenis van De Kat te dink nie. En daarin lê die uitdaging vir Pomp: om werklik ten ­opsigte van aanbieding, gehalte, oorspronklikheid en, ja, avontuur en aweregsheid ander die loef af te steek.

 

Nadat ’n mens vir die ondernemingsgees van die uitgewers en die omvang (daardie lys van boeke agterin is amper ­alleen die koopprys werd) hande geklap het, begin jy wonder. Mooi is die blad, ­lekker sy gevoel; maar byvoorbeeld die teksversorging toon gebreke. Inhoud is soms net te vlietend.

 

En hoekom lyk almal dan so Afrikaanse kunsfees-wit? Ten spyte daarvan dat die uitgewer, Hendrik Venter, in sy voorwoord met kulturele politiek korte mette probeer maak, is eietydse Afrikaans ­onvermydelik ’n politieke vlam; enige “groepering”, en die benoude ghetto dreig.

 

Onder diegene wat aan die eerste Pomp meegewerk het, is bekendes soos MC ­Botha (interessante stuk oor perlemoensmokkel), Dana Snyman, Chérie Collins (’n gawe vertelling oor haar beroemde skrywer-pa, Etienne Leroux), Chutney de Ridder (die tatoeëer-storie kon soveel méér vertel het), Daan du Plessis, Erns Grundling, RR Ryger (Loslyf se man), Hans Pienaar, Joan Hambidge (’n ­treffende huldeblyk aan Elize Botha), Kleinboer, Riana Scheepers en Steve ­Hofmeyr (ag, nou ja).

 

Met al dié name kan ’n mens begin tob oor waar Pomp sy windrigting soek. Maar dalk moet mens nie dié swaar blad – ­kleurryk en welkom soos dit is – as te ­gewigtig beskou nie.
__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
novice - member
20 posts

Het gou gaan Google vir Pomp. Klink baie ndrukwekkend. Net jammer dat die ander webblaaie wat ook onder die naam Pomp verskyn, dalk jou aandag mag aflei.

__________________
Fiction reveals truths that reality obsures - Jessamyn West
rookie - member
3 posts

Ek het self ʼn bydrae gelewer aan Pomp08 (ek weet nie of ek mag sê wie ek is nie) en ek is bly om te sê dit lyk of die publikasie nogal ʼn sukses is ten spyte van die unfortunate naam. Ek dink dit kan miskien die doelwit bereik: om vir die hele jaar in die leeskamer of op die bedkassie rond te lê. Hendrik Venter en sy kollegas (as my opinie saakmaak) kry beslis my thumbs.

rookie - member
3 posts

Ek het self ʼn bydrae gelewer aan Pomp08 (e kweet nie of ek mag sê wie ek is nie) en ek is bly om te sê dit lyk of die publikasie nogal ʼn sukses is ten spyte van die unfortunate naam. Ek dink dit kan miskien die doelwit bereik: om vir die hele jaar in die leeskamer of die bedkassie rond te lê. Hendrik Venter en sy kollegas (as dit saakmaak) kry beslis my thumbs.

superstar - founder
993 posts
Joburg, hier mag jy so klandestien wees soos jy wil. Meeste mense is spyt dat hulle onder skuilname aangesluit het in elk geval.
__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
superstar - member
291 posts

Maar so 'n naam vir 'n tydskrif?

__________________
'Ek is, die Here hoor my 'n vry fokken vrou' Antjie Krog.
regular - member
53 posts

Hulle het seker juis die naam gekies om die jongelinge ook te interesseer

superstar - member
291 posts

Dink jy dis net jongelinge wat van pomp hou?

__________________
'Ek is, die Here hoor my 'n vry fokken vrou' Antjie Krog.
superstar - member
223 posts

pomp as werkwoord ? pomp as selfstandige naamwoord ? watter pomp sou die jongetjies interreseer? boorgatpomp, waterpomp, swembadpomp bycyclepomp of daai anner pomp wat na oordadige vertoon in engels verwys. ek wonder...

regular - member
53 posts

bicyclepomp :o)
Nou wat het julle nou weer gedink vuilbekke ?

regular - member
198 posts

Hi almal

Ek is uiteindelik weer instaat om te reageer - sukkel my jiss af met die simpel rekenaar-passwoorde ens.

Het toe ek in Pta was die tydskrif Pomp onder oë gehad, maar was nie juis baie beïndruk nie - eerstens dis te veel geld om te betaal vir 'n glossy tydskrif wat eintlik nie baie om die lyf het nie. Dit lyk baie goed, glanspapier, mooi fotografie en wat nog, maar vir my is daar nie juis iets om te lees waarvoor ek R200 gaan betaal nie. Die naam staan my ook nie juis aan nie - dis so half platvoers. Dit is veronderstel om 'n "Classy" tydskrif te wees, maar die naam!!!! is gewis nie.

Weet nie wie van julle het al die nuwe BRAVO-kunstydskrif onder oë gehad nie. Die tweede uitgawe het pas verskyn. Karen Meiring van KKNK is aan die stuur van die blad en dit bied heerlike leesstof en pragtige foto's - R25 en dit verskyn elke kwartaal (soos Boeke Insig ook).

Bravo laat my herinner aan die heel eerste uitgawes van DE KAT (many moons ago), maar 'n mens wonder tog hier in jou agterkom of dit werklik lewensvatbaar is - my redes: a. die artikels is goed geskryf, maar dit is steeds op 'n elitistiese mark gerig en nie vir die gewone leser nie; b. die opinies en resensies wat daarin verskyn word steeds deur hôgere akademici en geleerdes geskryf en dit maak dit vir die gewone man op straat wat nie 'n akademiese agtergrond het nie, moeilik om dit te verstaan. (Hel 'n mens verstaan nie eers alles wat hulle in artikels en resensies in koerante skryf nie, wat nog te sê in 'n tydskrif waar hulle baie meer woorde kan gebruik.)

Ek hou van Bravo en sal dit gereeld koop, en mens hoop maar net dit loop nie dieselfde pad as De Kat en Insig nie. Die huidige inkarnasie van De Kat koop ek net as daar iets baie spesifieks is wat ek wil lees en hou vir navorsing - maar dit is tans vir my 'n tydskrif sonder 'n mark - dis net 'n paar bittereinders wat dit koop - daar is gewis nie veel in om te lees nie.

My probleem met al die tydskrifte, ook met Boeke Insig is dat dit weer eens net op 'n spesifieke mark gerig is - 'n mark wat uit geleerderdes en kenners bestaan - en wat totaal ontoeganglik is vir die gewone leser (sorry dat ek so hamer op die tema, maar dis die mense wat 'n tydskrif maak of laat vou). Aan die anderkant, die ou Insig, hoewel baie literêr, het tog geslaag - maar gevou die oomblik toe dit verander het na 'n kommen tydskrif met sepiesterre op die voorblad.

So, of sodanige tydskrifte 'n bestaansreg en 'n kans op oorlewing het, sal die tyd maar leer. Ek glo egter die redaksies van die tydskrifte sal 'n balans moet vind tussen populêr en literêr. Ek sal aanhou koop solank ek geld het.

Anita

superstar - founder
993 posts

Anita, ek het self eers verlede week die Pomp onder oë gehad. Toe ek die vrou by Wordsworth daarna vra, toe weet sy nie eers waarvan ek praat nie! 'n Jong man het toe gesê hulle het nog een kopie oor. Ek moet saamstem, dit het my nie genoeg beïndruk dat ek daardie prys sou betaal nie.

Die Bravo! en die die Boeke-Insig sal ek beide koop, en aanhou koop. Naas die Kakkerlak, is dit die enigste tydskrifte wat ek koop, en bêre. Net 'n regstellingtjie, Carien Loubser is die redakteur van Bravo!, Karen Meiring is die sakebestuurder. Oor De Kat stem ek ook saam, dis beslis nie vir my aanloklik nie. Ek sal wel vinnig loer wat daarin is, maar ek het laas een gekoop toe daar 'n artikel oor 'n vriendin in was.

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
Page 1
posts 1–12 of 12

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now