Danksy Marinda se voorstel 'n rukkie gelede, wat nie vir my lekker aangehaak het by Boekemakranka nie, is daar 'n nuwe baba gebore.
Die Virtuele Skryfkring, wat lekker aanluit by beide Boekemakranka en die Kunste / Arts Forum. Ons kort egter nog 'n naam! Dink solank aan iets, kyk hoe lekker lê Boekemakranka nou op die tong.
Die doel van die Skryfkring is presies soos Marinda voorgestel het, jy kan jou kreatiewe skryfwerk voorlê vir ander lede se kommentaar, en so kan ons slyp aan ons vermoëns.
Gaan sluit sommer nou aan! Jy kan onder jou eie naam aansluit, of met dieselfde naam as by Boekemakranka inlog. Jy sal dus kan kies tussen verskillende name, wat jy enige tyd op enige van die Lefora forums kan gebruik.
Onthou jy kan nie Reply op hierdie boodskap nie, as jy meer wil weet, stuur epos direk aan trisa@icon.co.za
Volg die skakel by Skakels, of gaan na http://skryfkring.lefora.com
Sien jou daar!
Groetnis uit 'n sonnige Kleinmond
Trisa Hugo
Al waaroor ek wonder is hoe dit Anita de K se Skrywersburo gaan raak?
ek dink dit is n geleentheid om haar skrywers by haar buro n wyer forum te gee. webmistress moet nog net die goete laai om op google gelees te word. ek dink daar is hope expats wat graag sou wou deelneem aan forums by die huis. ons is mos nie nare mense nie - the more the merrier.
Dankie, vir die antwoord Maankind. Al wat ek nou net aan dink is die feit dat 'n mens x bedrag per jaar aan hulle betaal om ook jou werk daar te kan voorlê. Die buro bestaan natuurlik nie net uit internetlede nie, maar ek wonder of dit vir my die moeite werd gaan wees om daar ledegeld te betaal as ek dieselfde diens hier gratis kan kry. Ek probeer nie moeilik wees nie, ek opper maar net kwessies wat vir ander mense 'n probleem kan wees.
Kompetisie was nog nooit 'n slegte ding nie, Kadys. En as iemand 'n gratis diens aanbied, soveel te beter. Ek gebruik bv. nou al byna 6 maande net gratis software om als op my rekenaar te doen en dit werk soos 'n droom. Hoekom Microsoft duisende rande betaal as ek dit elders verniet kan kry?
Dit hang mos van jou af of jy hier wil voorlê of daar waar jy moet betaal. Ons woon in 'n vry land en net omdat daar klaar een kafee op die dorp is, beteken nie daar kan nie nog een oopmaak nie.
without competition, no innovation will be neccessary.
Ek stem 100% saam, maar ek het klaar betaal. Buitendien is dit die inisiatief van een van ons lede hier. Ek staan ook vir kompetisie, maar ek is ook baie lojaal. As my jaar, waarvoor ek betaal het, verby is, mag ek dit heroorweeg.
As jy sukkel of vashaak met 'n verhaal, of iets wil net nie werk nie, kan jy jou beroep op 'n klomp virtuele vriende se raad en kommentaar.
Hi Kadys
Ja, ek het met 'n klemmende hand om die hart van die verwikkeling gelees, maar ek glo tog daar is 'n mark vir beide (hel, ek hoop so).
Ek hoop dat die skrywersburo van die skryfkring gaan verskil in die sin van die dienste wat aangebied word - die skrywers se werke wat ons ontvang word deur mense gelees wat kennis dra van die vakgebied (hoewel hulle nie noodwendig letterkundiges of literatore is nie. Dis mens wat reeds vir jare lank betrokke is by die skryfproses. Tweedens, die evaluasie diens wat ons bied, strek verder as net blote kommentaar lewer - ons help die skrywer om sy werk te verbeter en met die proses voort te gaan totdat die geskrewe werk publiseerbaar is (hopelik) en 'n stap nader staan aan moontlike publikasie.
Ons bied egter meer as net 'n evaluasie-diens - ons help mense ook om ander mense se werk objektief (en selfs krities) te lees, sonder om persoonlik te raak - so ons het ook 'n opvoedingsfunksie in die sin dat ons die letterkunde en skryfkuns vir andere toeganklik maar om te verstaan.
Ons bied ook die dienste van proeflees en redigering aan wat deel is van die ontwikkelingsproses.
Ek het toe die voorstel gemaak is, gewaarsku dat so 'n virtuele skrywerskring in 'n monster kan verander - juis omdat almal wat toegang tot die internet het, daarop kan kommentaar lewer - en nie noodwendig altyd opbouend en konstruktief nie. Om kommentaar op ander mense se skryfwerk te lewer vra groot objektiwiteit en kennis van die genre of vakgebied. Ek sal die skrywerskring dop hou en kyk wat gebeur - diegene wat nie van die reaksie op hulle werk hou nie, kan altyd daarna die skrywersburo kontak. Jy betaal nou wel vir ons diens, maar ons strewe is om daadwerklik 'n poging aan te wend om mense se skryfwerk te ontwikkel.
Sterkte aan al die skrywers
Anita
Anita, haal dadelik daardie hand van jou hart af wat so klem. Gebruik liewer jou energie om julle Skrywersburo se dienste op Pennestreke te gaan plaas onder die kategorie 'Professionele Dienste'.
Ons vul aan, ons kompeteer nie, inteendeel! Ek dink daar is behoefte aan 'n hele spektrum dienste en dinge.
Dankie aan almal wat gereageer het op my en Kadys se skrywe oor die Skrywersburo - Kadys, dankie vir die lojaliteit.
Ek wil dit net duidelik stel, die skrywersburo sal nie met Pennestreke meeding nie - ek glo ons loop op paralelle paaie in dieselfde rigting. Dit is 'n vry land en elkeen het vrye keuse, so jy kan self besluit wat jy wil doen.
Wat die betaling aan die skrywersburo betref - ten einde die skrywersburo te administreer en aan die gang te hou, kos geld - posgeld, internettyd, selfoonkostes, papier, ink vir die drukker, petrol ens ens. Om mense se werk behoorlik te lees en kommentaar te lewer vat baie ure, en ek voel dat vir al die werk wat ek insit, ek vergoed behoort te word. Ek maak nie geld uit die buro nie, ek dek net my uitgawes, ek is na alles, sonder werk en enige vaste inkomste. Ek wou net die puntjie duidelik stel.
Trisa, dankie, ek sal in die week inligting oor die Skrywersburo op Pennestreke se webtuiste plaas.
Ek wil ook met trots aankondig dat een van die lede van die Skrywersburo, Antoinette Diedericks pas aangewys is as wenner van die ope-afdeling van die Bloemfontein Skrywersvereniging se wedstryd. Meer nog, sy het dit gedoen sonder enige hulp van die skrywersburo. Ek het hulle net vertel van die kompetisie. Dis ook waarvoor die buro staan, om skrywers aan te moedig om die bul by die horings te pak en self dinge te doen.
Sterkte vir die week
Anita
Veels geluk ook aan Antoinette Diedericks! Ek sal altyd 'n baie sagte plekkie vir die Bloemfontein Skrywersvereniging se wedstryd hê, dit het vir my ontsaglik baie in my lewe beteken.
Anita, onthou net, jy hoef nooit skuldig te voel oor geld wat jy ontvang vir dienste gelewer nie. Dankie dat jy hier uiteengesit het wat julle alles doen en so die verskil vir ons uitgewys het.
Tris aan jou ook dankie vir hierdie forum waar ons rou produkte voor kan lê.
Baie geluk ook aan Antoinete Diedericks, dit moet heerlik wees om so 'n wedstryd te wen, doe zo voort!
beste maatjies. ek stem vir enigiemand wat onse taal bevorder en versterk. anita,kadys en maankind nou gaat ons julle seker sien woel of hoe? anita het hoeka lyf weggesteek innie transvaal! en baie goed ook,ek het haar niet gesien.
anita, kan van die skrywers by die buro hul skryfgoet op pennestreke plaas - dit sal nice wees dan is hulle mos gepublish. ek sien daar is 'n headline waar skrywersburo ons betjie meer van hul aktiwiteite kan vertel - anitatjie ons wag in aangename spanning soos voor sondagpoeding.
Ek is seker van die buro se lede sal graag hulle werk op pennestreke wil plaas. Ek sal by Antoinette hoor of ek haar wenverhaal kan gebruik. Die inligting oor die skrywersburo kom later die week. Ek het 'n projek wat ek MOET klaarmaak voor Vrydag.
Dankie vir die mooi dinge wat julle sê. Dit doen die hart goed
Anita
Ek dink alle lesers, of hulle sogenaamd kundig is of nie, se opinie is nuttig vir 'n skrywer, want 'n mens skryf vir soveel lesers as moontlik. Soms kan ander se opinies vir jou baie lig bring op jou eie skryfwerk. Van die grootste slaggate in "skryf" is dat die storie in JOU kop is, maar dit is nie altyd duidelik vir ander nie. Dis juis hiermee waarmee lesers van soveel hulp is. Dis soms baie moeilik om die HELE storie duidelik te skryf vir iemand anders wat glad nie weet waaroor dit gaan nie. Die hele storie moet op papier wees!
Dis een van daardie goed wat mense wat kommentaar op jou werk vir jou se - maar 'n mens vind dit moeilik om dit in te sien! Ek het al gevind dat ek moet aanvaar dat ek op kritiek/kommentaar op my skryfwerk, met geirriteerdgeid sal reageer! 'n Mens dink altyd - maar genade tog - is die persoon nou besimpeld om so te dink want dit lyk vir jou "reg". Ek aanvaar nou ek word kwaad vir ten minste 'n maand lank :) Daarna - kyk ek weer daarna - en baie, baie dikwels (amper meestal!)is die ander persoon "reg" in die sin dat as ek iets aan 'n bepaalde stuk sal verander, dit die storie sal beter maak - en aangesien dit is wat ek (en almal!) wil he, is dit dan fine en is ek bly oor die kommentaar (na ek 'n maand gestoom het van kwaaigeid!)
Die "verandering" is altyd my eie variasie van wat ek dan ingesien het.
Niemand wat ek ooit teegekom het, wil vir jou se wat jy moet skryf nie - hulle se bloot daar is iets daar wat nie lekker lyk nie.
Ek sit nou met Babalela 3 se manuskrip hier. Die storie is nou eksieperfeksie volgens die editor - maar die karakters se reaksies en woorde pla hier en daar - asof hulle uit karakter optree. Nou moet ek probeer rondspring in die mal spul se koppe om seker te maak wat hulle sou se en doen. En dis 'n cuckoo lot wat in die bos saam met Babalela bly ... Doen ek dit omdat dit my stukkie van die stories is om te skryf, soos Poljonsie se die slimmes se? Ek weet nie. Ek dink ek doen dit omdat die storie daar is.
Die eerste Babalela het net gearriveer. Toe wonder almal of dit 'n opvolg het? Al wat ek kon dink is WIE BLY NOG IN DIE BOS? 'n Kind het dit ook eendag vir my gevra - toe weet ek dis die regte vraag! Ek het 'n stuk van die strand hier in die Strand 'n sloot geloop op soek na wie nog in die bos bly. Toe kry ek vir Potifant, Knortand, Meermoskat en agt Fripperwakkies. En Wrrrumpie natuurlik. Uiteindelik.
Toe is ek doodseker daar is nie nog 'n Babalela-storie nie. Dink nooit eens daaraan nie. En jou wragtig - daar bekruip die storie my! Op 'n dag - daar is hy! En nou sit ek weer met die cuckoo spul in die bos :) en worstel met woorde. Sooooo min woorde in 'n prenteboek. En die woorde moet die illustrasies "trigger" en ook die hele storie vertel, wanneer veral juffrouens die boek vir 'n klas kleintjies lees. Dan kan almal nie elke illustrasie met die lees daarvan bestudeer soos gebeur as 'n mens 'n storie vir een kind lees nie. Oi.
Hoekom doen ek dit? Omdat die storie daar is en geskryf moet word. En omdat ek swets en vloek en lang stukke hier skryf ... en omdat ek dit lief :)
This Topic Is Locked To Guest Posts
It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member