Dalk is ek die enigste in 'n see van onbekende skrywers wat so voel daaroor. Maar ek voel hierdie is die forum waar ek daaroor kan praat. Wie ken die gevoel van 'n kortverhaal, artikel of wat ook al na 'n tydskrif instuur en net nooit niks weer daarna te hoor nie? Na so drie weke, of so, sak jou selfbeeld al dieper weg, tot onder die mat in.
Neem dit soveel tyd in beslag om net ontvangs te erken? Wat natuurlik goeie maniere sou wees, is wanneer iemand net die moeite wil doen om te antwoord en sê Jammer, ons sal dit nie kan gebruik nie. Of dalk ja, ons kan dit wel gebruik maar eers met ons uitgawe van oor drie jaar, of so-iets.
Vir my is die geen reaksie, sommer net slegte maniere. Jy, arme skrywer wat diékant sit, weet nie wanneer mag jy dit nou maar vir 'n ander publikasie stuur nie. Ek het byvoorbeeld so drie weke gelede 'n artikel oor Alzheimer's en Dementia na 'n tydskrif gestuur. Daar het van my kant af bitter baie navorsing ingegaan. Dit was nadat ek eers 'n hele paar tydskrifte gebel het. Die deursnee reaksie wat ek gekry het was dat hulle nie meer kan bekostig om vir vryskut-artikels te betaal, terwyl hulle joernaliste het vir wie hulle elke maand moet betaal nie. Ander sê hulle het onlangs 'n artikel daaroor gehad, of hulle dink nie hulle lesers sal daarin belangstel nie. In 'n sekere sin het 'n mens begrip daarvoor, maar wat my dronkslaan is dat daar steeds nuwe tydskrifte op die rakke verskyn. Is hier dalk ook 'n seker soort politiek by betrokke? Is ek net baie oningelig of gaan alles tog maar net oor geld?
Is daar van julle wat ook las het van hierdie probleem?
Ek is seker hulle werk almal met Outlook, of Outlook Express. Weet jy hoe maklik spoeg-en-plak jy 'n stukkie teks in 'n Signature in? Ek het bv vir my besigheid 'n klomp standaard antwoorde as Signatures opgestel. Dit vat my nie dertig sekondes om 'n versoek te lees en so, met 'n Signature te antwoord nie. Ek is oortuig hulle weet binne 'n minuut nadat hulle begin lees het of iets oorweeg kan word vir publikasie, of nie.
Daar is vir my geen regverdiging om mense so te behandel nie, allermins tyd. Dit kan een persoon een uur vat om 'n ontvangserkenning, 'n Dankie-maar-nee-dankie, 'n dankie-ons-kyk-daarna, en so op te stel. Daarna kan mense wat iets instuur so binne sekondes nevermind minute op die manier beantwoord word.
Interessante onderwerp dié. Ek het self al my stry gestry met tydskrifte so ek ken die situasies waarin jy kan beland. Ek persoonlik kan nie sê dat ek al baie sleg behandel is deur die tydskrifte nie. As ek reg onthou het dit al een keer lank gevat vir `n antwoord om terug te kom en die res van die tyd het ek flinke diens gekry.
Ek reken dit hang maar af van die redakteur of inhoudsredakteur met wie jy werk. Dit is belangrik om uit te vind wie verantwoordelik is vir die tydskrif se vryskutportefeulje en met daardie persoon te skakel.
Mens moet ook maar onthou dat die reaksie afhang van die spesifieke persoon en nie noodwendig op die publikasie self geblameer kan word nie. Ek weet nou nie vir wie julle voorleggings doen nie maar ek het al te doen gekry met onder andere Sarie, Leef, National Geopgraphic en Finnesse en ek was tevrede met almal, veral Leef. Nog `n probleem wat vryskutmense soms ondervind is dat die tydskrifte lank vat om te betaal.
Ek was veral baie tevrede met Leef, jy stuur `n kwotasie in en siedaar - binne twee weke het jy jou geld. Dit is teen die spoed van lig in die tydskrifmark. Maar as mens van plan is om jou in die vryskutwêreld te begeef moet mens maar weet, hare op jou tanne en `n dik vel is nodig.
Anders gaan jy dit nie maak nie.
Ja, beslis. Het al beide ervaar, profesionele en onprofesionele diens. Dit bring my by 'n volgende punt wat al lank by my spook.
Ons arme woordsmouse wat vir tydskrite et al skryf, mag ons resorteer onder die opskrif kunstenaar , of moet die banier woordsmous om ons nekke gehang word. Die punt is dat ons tog baie genot en afleiding verskaf vir die massas, so ons word dalk baie wyer gelees as die "groot name". Hoe voel julle vir meer erkenning?
This Topic Is Locked To Guest Posts
It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member