Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
45 views

Gesprek oor resensering - Beeld

Page 1
posts 1–1 of 1
superstar - founder
993 posts
Gesprek oor resensering - Stephanie Nieuwoudt

Toe haar eerste boek in 2003 verskyn het, het sy die een positiewe resensie ná die ander gekry.

Ontwykend egter was die slypende kommentaar wat haar op haar skrywerspad moes help – iets wat vir haar kon sê hoe sy haar boek kon verbeter.

Uiteindelik het Zubeida Jaffer nie eers meer moeite gedoen om die resensies oor Our Generation te lees nie.

Dié skrywer was tydens die Kaapstadse Boekebeurs lid van ’n paneel wat gepraat het oor die kuns om resensies te skryf en hoe ’n resensie bydra tot die welslae van ’n boek.

“Ek kan nie anders nie as om te wonder oor die rol wat politiek in die resensieproses speel,” het Jaffer gesê.

“Toe Mark Gevisser se boek T habo Mbeki – The Dream Deferred verskyn het, was daar min negatiewe reaksie. Noudat die sentimente rondom Mbeki verskuif het, word daar anders daarna gekyk.”

Sy het gesê dat dit vir haar as skrywer duidelik is dat daar ’n hoër standaard vir resensering moet wees.

Rachelle Greeff, skrywer en boekeredakteur van Rapport, het gesê dat sy as skrywer en redakteur soms tussen die twee stoele deurval.

As ’n skrywer het sy empatie met skrywers wie se boeke glad nie of eers lank ná publikasie geresenseer word. Maar beperkte ruimte in die koerant maak dit onmoontlik om alle boeke te resenseer. Sy sal byvoorbeeld drie keer die ruimte wat sy wel tot haar beskikking het elke week kan vul.

Vir haar is ’n resensie ’n sleutel wat die boek vir die leser moet oopsluit. Die skryfwerk moet op ’n hoë peil wees. Sy het ook daarop gewys dat resensente swak betaal word.

“Rapport betaal beter in verhouding tot die ander koerante, maar dit is steeds heeltemal te min. Dit dui op ’n vorm van minagting van die (media)meesters teenoor boeke.”

Tymon Smith, boekeredakteur van die Sunday Times het gesê dat hy min plek kan afstaan aan digbundels. Hy moet ook aan die mense bo hom verduidelik waarom hy ’n resensie van ’n digbundel eerder as ’n roman publiseer.

Greeff het egter daarop gewys dat digbundels wyd geresenseer word in die Afrikaanse media – boeke- redakteurs hoef ook nie hul besluite oor publikasie te regverdig nie.

Die digter en resensent Rustum Kozain het laat blyk dat hy groot waardering het vir aanlyn joernale soos LitNet waar daar gesprekke oor die hele spektrum van die letterkunde plaasvind.

) Stephanie Nieuwoudt is ’n onafhanklike skrywer.
__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
Page 1
posts 1–1 of 1

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now