Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
43 views

Boeke-Insig

Page 1
posts 1–4 of 4
superstar - founder
993 posts
Die posman het pas my nuwe Boeke-Insig afgelewer, so julle sal verstaan as ek skaars gaan wees vir die res van die dag, veral aangesien dit 'n heerlike grys winderige, reënerige Kaapse dag is?

Die van julle wat nog nie ingeteken is nie, dit was nou regtig die beste manier waarop ek 'n paar rand spandeer het. Gaan kyk gerus hier.
__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
novice - member
15 posts

Dis die enigste tydskrif wat ek van hoef tot kant lees (volgorde maak nie saak nie - ek begin dikwels agter). Ander tydskrifte (gewoonlik langs die toilet in my ma-hulle se plaashuis) het altyd mooi prente! Ek wens net Boeke-Insig het maandliks uitgekom, want dit is elke keer 'n lang wag na die volgende een.

superstar - founder
993 posts
Ek stem Katrien! Dis die enigste tydskrif wat dae lank langs my bed lê, wat ek eers vinnig deurblaai, en dan so stuk-stuk klaarmaak. Ander tydskrifte koop ek nie, behalwe dalk die Village Life. Ons is nie ywerige kampeerders nie, so die Weg en sy maatjies hou vir my min bekoring in, en gesins- en vrouetydskrifte blaai ek vinnig deur in die biblioteek. Die Boeke-Insig, die Bravo! en die Kakkerlak is al wat ek koop sonder om te kyk, want ek weet wat wag...
__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
superstar - founder
993 posts

Toe my man het vroeër vanoggend roep dat daar vir my 'n groot posstuk is, het ek dadelik begin bewe van opgewondenheid - Sê nou net dis die nuwe Boeke-Insig wat al hier is... Dit was inderdaad.

Dit is regtig die enigste tydskryf wat my sommer lam in die knieë laat voel. Dit VOEL ook sommer net so reg in mens se hand, en die voorblad so sy-agtig. Mán, maar dis lekker!

Hulle het nog steeds 'n baie goeie intekenaanbod, gaan kyk gerus.

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
Page 1
posts 1–4 of 4

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now