Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
111 views

Nog kategorieë

Page 1 · 2
posts 1–20 of 27 newer >
novice - member
49 posts
Maankind, wat van 'n kategorie SKRYWERS en nog een DIGTERS vir as 'n mens 'n staaltjie of iets oor so iemand wil vertel. Ek dink byvoorbeeld almal sal hierdie quote van Audre Lorde interessant vind:  
__________________
None of us are perfect. I myself am peculiarly susceptible to draughts. (Oscar Wilde)
novice - member
23 posts

Ja, ek sal beslis van ons digters wil lees. Dankie vir die voorstel.

superstar - member
223 posts

goeie idee. dalk kan jongeling digters 'n werk plaas vir bespreking, oues natuurlik ook!( amper vergeet ek ons marksegment)

superstar - founder
993 posts

Dankie vir hierdie uitstekende voorstel. So gemaak!

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
novice - member
49 posts
Die verdwene quote van Audre Lorde was: 'Being called a poetess brings out the terroristress in me.'
__________________
None of us are perfect. I myself am peculiarly susceptible to draughts. (Oscar Wilde)
novice - member
49 posts

Maankind, sou jy dit oorweeg om 'n kategorie vir nuwe skeppende skryfwerk oop te maak? Daar is so 'n groot mark vir so iets, want hoeveel mense skryf nie, maar kry byvoorbeeld nooit 'n kortverhaal gepubliseer nie. Jy kan 'n woordbeperking opsit en almal kan sê wat hulle van so 'n nuweling se werk dink en hom/haar dalk selfs 'n bietjie leiding gee. 

Ek dink die forum sal oorval word en sodoende 'n geweldige leemte in die uitgewers-/tydskrifbedryf vul, waar geld en bekende name meestal al is wat tel. Dink net aan die heerlikheid as Boekemakranka aandadig kan wees in die wording van 'n nuwe skrywer wat later 'n groot naam raak.

__________________
None of us are perfect. I myself am peculiarly susceptible to draughts. (Oscar Wilde)
superstar - member
291 posts

Ek dink dis 'n uitstekende voorstel. Ek sit self met so drie of wat verhaaltjies. Alhoewel ek moet erken dis nie juis my genre nie.

__________________
'Ek is, die Here hoor my 'n vry fokken vrou' Antjie Krog.
superstar - founder
993 posts
Ek het al daaraan gedink, maar ek is bietjie lugtig op die oomblik daarvoor. Ek wil glad nie op hierdie stadium op terreine beweeg waar ander skepe in die woelige waters vaar nie.

Daar is ook altyd die ding van mense is sensitief oor wat hulle skryf, ek het al soveel keer gesien, hulle vra jou om te kyk na iets maar wil nie die kritiek hoor nie. Baie mense plaas dit op blogs, waar hulle maatjies dan sê, pragtige stukkie, regtig mooi. En as jy kyk na die gehalte van baie werk wat op ander webwerwe geplaas word, dan hol jy weg.

Miskien kan hierdie 'n goue middeweg wees? Wat dink julle ander?
__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
superstar - member
291 posts

Maar as ons nou almal onderneem om die kritiek in 'n goeie gees te aanvaar. Vir my beteken dit op aarde niks as iemand sê dit wat ek geskryf het is oulik of mooi nie. Ek dink hier is genoeg mense hier op wie se oordeel mens kan staatmaak. Maar mens moet maar hoor wat sê die ander.

__________________
'Ek is, die Here hoor my 'n vry fokken vrou' Antjie Krog.
superstar - member
223 posts

wat is die verskil tussen 'n boek bespreek van 'n skrywer wat deel is van die forum en 'n kortverhaal? ek dink dit kan 'n nice skolings proses wees nie net in die praktiese sy van skryfwerk nie maar ook om die ou egotjies bietjie te ontwikkel - niks so goed soos 'n bietjie kritiek van medeskrywers nie. ons wil tog he boekemakranka moet 'n verskil maak - in ons lede se lewens. dinamiek en innovering is broodnodig vir die ontwikkeling van n nuwe kollektief.

mistress of the web, i pray thee - give us a mere chance!!!

regular - member
53 posts

Die jongeling se eerste gedig:

ek sit hier en loer
na die gogga op die vloer
sal ek hom spuit of trap
of oor hom 'n gedig skryf as 'n grap?

Chandru (my man) se hierdie simpel poem is vandalisme vir die forum, dit is nou so goed soos om grafiti op julle karre te kom spuit!

novice - member
49 posts

Dis juis die punt, Maankind. Daar is nie ander skepe in hierdie stil waters nie. Jy het 'n uitstekende ding hier begin en moenie bang wees om voluit te gaan nie. Dis die wonder van die web dat dit niks kos nie en ruimte nooit 'n probleem is nie. Ek kan jou belowe dat die uitgewers binnekort gaan kennis neem van wat hier aangaan. Hoeveel groot skrywers/digters se eerste werk is nie in Jongspan of Tydskrif vir Letterkunde geplaas nie? En daar is nie meer sulke publikasies nie.

As iemand suiwer rubbish opsit, kan almal dit mos bloot ignoreer en die boodskap so oordra. Maar mense skryf tog op sulke forums om reaksie te kry en te hoor wat ander dink. 

__________________
None of us are perfect. I myself am peculiarly susceptible to draughts. (Oscar Wilde)
regular - member
53 posts

Meer in voeling met die gees van die forum weet ek nie so mooi of dit juis sal goed wees om gedigte en kortverhale hier te plaas nie. Dis mos wat LitNet doen, en ook ...
as jou goed eers op die net is, sal mense mos nie meer wil betaal om dit te koop nie, hulle kry dit mos verniet?

superstar - member
223 posts

hang af wat jy wil bereik - fame, geld of net 'n plek waar jy dit wat vir jou nice en betekenisvol is vreesloos kan deel.

superstar - member
223 posts

om onsself in die spieel van ander te sien kan 'n goeie maatstaf wees van waar en hoe jy jouself in tyd en ruimte ervaar. die aarde draai teen 'n spoed - wanpersepsies het menige mortal homself in die verbygaan laat mesmeraais in 'n vals beeld. in die stadium van ons lewens( vroee herfs)is ons nie eintlik meer lus vir illusies nie.

Saddle the empty horses - spieeltjie, spieeltjie aan die wand...

regular - member
121 posts

The term creative writing means imaginative writing, or writing as an art. The primary concern of creative writing is not with factual information or with the more routine forms of communication . It does, however, use many of the same skills.

A novel, for example, may contain much sociological, political, or psychological information. Scholars may study it for that information, as Sigmund Freud studied literature for accounts of dreams and emotional states. No true novel, however, is written to communicate facts. Like other forms of creative writing it attempts to produce in its reader the pleasure of an aesthetic experience. It tries to uncover form and meaning in the turmoil of love, hate, violence, tedium, habit, and brute fact through which people flounder from day to day.

The novelist and short-story writer John Cheever, when asked why he wrote, did not say, “To show how the upper middle class lives in Connecticut.” He said, “To try to make sense out of my life.” Whether it takes the form of poem, short story, novel, play, personal essay, or even biography or history, creative writing is certain to involve some search for meaning, a measure of wonder and discovery, and a degree of personal involvement in the result.

Encyclopædia Britannica 2004 Children's Edition

?

__________________
Elke mens se lewe is 'n storie.
superstar - member
223 posts

ai ou martie, hoe se jy dit nou soos ek dit eintlik wou se. waar is my pen, ek voel creative!!!

regular - member
121 posts

Die mens is ’n storiemakende wese. Elke mens se lewe is ’n storie. Van die ou-ou tyd probeer hy sin maak van sy omgewing en van sy eie belewenis van die lewe, van wat gebeur het en van wat besig is om te gebeur deur stories te “vertel” en/of stories te leef. Stories kan deur enige menslike handeling of voorstelling “vertel” word.
Daar is soveel stories as wat daar mense was en is. Daar is soveel stories as wat kon gebeur het as mense ander keuses gemaak het. ’n Keuse maak een moontlikheid waar en alle ander moontlikhede bly dan slegs moontlikhede.

’n Mens sou kon onderskei tussen persoonlike en universele stories.

Persoonlike stories is die lewensstories van mense wat werklik leef of geleef het. Persoonlike stories kan dalk betekenisvol wees vir jou en vir die mense wat direk of indirek met jou kontak het of gehad het of vir mense wat kan identifiseer met jou lewensstorie of dit insiggewend of interessant vind. (biografieë)

Universele stories is die stories van fiktiewe mense of fantasie karakters. Universele stories kan dalk betekenisvol wees vir ’n wyer groep mense, wat onbekend is aan die skepper van die storie. Daar is soveel universele stories as wat daar karakters is, waaraan die mens se verbeelding gestalte kan gee.

Post-modernistiese stories verwyder bogenoemde skeidslyn tussen persoonlike en universele stories. Post-modernistiese stories kan dus, onder andere, die stories van werklike mense in fiktiewe omstandighede vertel, of die stories van werklike en fiktiewe mense vermeng om bykomende moontlikhede te skep. Post-modernistiese stories kan ook reeds bestaande stories herskep of hersirkuleer.

Die waarde van stories:

Stories kan ons enersyds vêrder vat na ’n plek waar ons horisonne verskuif en ons eie persoonlike wêreld verruim word en andersyds kan stories ons nader vat na ’n plek waar ons ons gemeenskaplike menswees beleef. Ons is nie alleen op die aarde nie. Ons is anders as ander mense, maar ook eenders. Daar is verskille, maar ook ooreenkomste. Deur stories kan ons ons andersheid beleef en herken, maar ook ons eendersheid. Stories is spieëls van ons en ander se menswees. Menswees en stories is onlosmaaklik verweef.

“We live by stories, we also live in them. One way or another we are living the stories planted in us early or along the way, or are also living the stories we planted – knowingly or unknowingly – in ourselves. We live stories that either give our lives meaning or negate it with meaninglessness. If we change the stories we live by, quite possibly we change our lives.”

Ben Okri in “A Way of Being Free”

__________________
Elke mens se lewe is 'n storie.
regular - member
121 posts

Jy moet doen wat jy moet doen, Maankind. Jy het 'n heerlike forum hier begin en baie interessante en verbale mense getrek.

__________________
Elke mens se lewe is 'n storie.
regular - member
121 posts

:) Abrham - ek is storie-behep!

__________________
Elke mens se lewe is 'n storie.
Page 1 · 2
posts 1–20 of 27 newer >

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now