Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
98 views

Wanneer 'n boek 'n film word

Page 1
posts 1–7 of 7
superstar - founder
993 posts
Hierdie is 'n uittreksel uit 'n inskrywing op die Kunste Forum.

"Dit bring my by die dilemma, boek eerste, of fliek eerste? Onlangs het ek Atonement gesien, en kort daarna die boek deur Ian McEwan gelees, en die boek het niks nuuts gebring nie. Is dit 'n teken dat die fliek uitstekend gemaak is? Wat dink julle ander, boek eerste, of fliek eerste? Die voordeel van die boek is natuurlik dat jy kan teruggaan en weer lees. En swak ogies of te nie, ek sien steeds beter as wat ek hoor. Die dat ek lief vir flieks met onderskrifte is. Jy sien al die nuanses van body language, maar kan vlietend op die skerm tog lees wat aangaan."

Synchronicity - Vandag het Joan Hambidge 'n artikel in die By, Wanneer 'n boek 'n film word. Heel interessant, ongelukkig is dit nie op die internet beskikbaar nie.

Ek geniet altyd die boek nadat ek die fliek gesien het meer as andersom. En julle?
__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
regular - member
121 posts

Ja, ek dink ook so - eers fliek. Dan boek. As die boek nie iets meer bring nie, is die fliek wonderlik gemaak. Nie Atonement gesien nie. Of gelees nie. Enigste fliek wat ek gesien het wat die boek bevredigend weergee is Unbearable Lightness of Being - maar dis dalk omdat dit so 'n lang fliek is en die boek so dun. Meeste ander flieks was 'n disaster as ek eers die boek gelees het. Min gaan fliek laaste jare. Ek kan ook nie eintlik saampraat nie. Min gelees ook - kop was te vol stories van my eie.

__________________
Elke mens se lewe is 'n storie.
novice - member
23 posts

Trisa, ek is net anders om, ek wil altyd eers die boek lees. Want ek vind dat die film net nie kan weergee wat die boek kan nie. Met die boek word al die fyn besonderhede en selfs die karakters net beter verduidelik. Ek moet sê dikwels is ek teleurgesteld in die flim, veral as hulle belangrike dele of momente anders uitbeeld. Oor die algemeen kleur die film net bietjie in wat mens alreeds ervaar het. Dit geniet ek. Ek het "Memoirs of a Geisha" 'n fantastiese boek gevind, en behalwe vir die mooi kleurvolle uitbeelding en choriografie van die film, het die storie in die film net heeltyd iets gekort om dit so oortuigend soos die boek te kon weergee. Mense wat nie die boek gelees het nie, het dit anders ervaar.

Ek stem sooo.... saam oor die byskrifte en wil alles op Dvd kyk sodat ek die byskrifte kan lees, my kinders lag vir my, weet nie hoekom mis ek altyd wat gesê word nie. Die dat ons dalk so van boeke hou. Jy kan tog terug gaan en die laaste sin weer lees, en whalaa jy mis niks!

superstar - founder
993 posts
Ek onthou duidelik dat ek jare gelede die fliek Damage gesien het, en kort daarna die boek deur Josephine Hart gelees het, en met die boek, het dinge sommer baie duideliker geword.

'n Groot uitsondering is vir my Annie Proulx se boeke, bv Shipping News was vir my 'n fantastiese fliek, maar minder goeie boek. Maar oor die algemeen stem ek dat die boek lekkerder lees nadat ek die fliek gesien het. Lees hier:

EXCERPT FROM Damage - by Josephine Hart

There is an internal landscape, a geography of the soul; we search for its outlines all our lives.

Those who are lucky enough to find it ease like water over a stone, onto its fluid contours, and are home.

Some find it in the place of their birth; others may leave a seaside town, parched, and find themselves refreshed in the desert. There are those born in rolling countryside who are really only at ease in the intense and busy loneliness of the city.

For some, the search is for the imprint of another; a child or a mother, a grandfather or a brother, a lover, a husband, a wife, or a foe.

We may go through our lives happy or unhappy, successful or unfulfilled, loved or unloved, without ever standing cold with the shock of recognition, without ever feeling the agony as the twisted iron in our soul unlocks itself and we slip at last into place.

I have been at the bedsides of the dying, who looked puzzled at their family's grief as they left a world in which they had never felt at home.

I have seen men weep more at the death of their brother, whose being had once locked into theirs, than at the death of their child. I have watched brides become mothers, who only once, long ago, were radiant on their uncle's knee.

And in my own life, I have travelled far, acquiring loved and unfamiliar companions: a wife, a son, and a daughter. I have lived with them, a loving alien in surroundings of unsatisfying beauty. An efficient dissembler, I gently and silently smoothed the rough edges of my being. I hid the awkwardness and pain with which I inclined towards my chosen outline, and tried to be what those I loved expected me to be - a good husband, a good father, and a good son.

Had I died at fifty I would have been a doctor, and an established politician, though not a household name. One who had made a contribution, and was much loved by his sorrowing wife, Ingrid, and by his children, Martyn and Sally.

My funeral would have been well attended by those who had gone further in life than I, and who therefore honoured my memory by their presence. And by those who believed they had loved the private man, and by their tears gave testimony to his existence.

It would have been the funeral of an above-average man, more generously endowed with the world's blessings than most. A man who, at the comparatively early age of fifty, had ended his journey. A journey which would certainly have led to some greater honour and achievement, had it continued.

But I did not die in my fiftieth year. There are few who know me now, who do not regard that as a tragedy.

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
rookie - member
2 posts

Ek stem saam met Catharina...lees eers die boek!
Daar word dikwels belangrike dele uitgelaat in die film en die akteurs verkeerd gekies - wat katastrofies kan wees.
'n Uitsondering vir my was A Clockwork Orange wat fantasties uitgebeeld is deur Stanley Kubrick.

Ek wonder nou net... met Orgie (André P. Brink) en Triomf (Marlene van Niekerk) wat besig is om verfilm te word... gaan die stories nie 'n groter gehoor tref nie? En is dit nie op die einde van die dag maar ook belangrik nie?

superstar - member
223 posts

ek het onlangs die tin drum gelees. ek het die fliek lank gelede gesien en toe weer voor ek die boek gelees het. ek het die verwysingsraamwerk wat die fliek gestel het, steurend gevind toe ek die boek lees. ek stem dat vir my dit beter is om die boek eers te lees en dan die fliek te sien. in die lees van die boek skep jy jou eie denkbeeldige fliek waar die regte fliek daarby kan aanpas en ongelukkig soms afbreek. om te lees en dan te fliek of om te fliek en dan te lees is amper dieselfde as wie was eerste - die hoender of die eier.

novice - member
11 posts

Nou is ek weer heeltemal dwars. Ek verkies om nie die boek te lees as ek die fliek gesien het nie - en nie die fliek te sien as ek die boek gelees het nie! Ek voel persoonlik dat ek nie die fliek of boek so baie geniet as ek die storielyn ken nie - al is dit soms nie heeltemal getrou aan die boekweergawe nie. So - nou geniet ek maar een van die twee, maar geniet dit dubbel!

Page 1
posts 1–7 of 7

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now