Hoekom ek vir kinders skryf? is 'n vraag wat ek dikwels hoor - een van die redes, dink ek, is die sprokie van die keiser se nuwe klere. Kinders verveel maklik en sal dit erken. Hulle gee nie om of 'n boek hoog aangeslaan word of pryse gewen het nie. Hulle hou van stories. Om vir kinders te skryf is 'n uitdaging. Die rede waarom ek lees is omdat ek van stories hou wat my aandag hou. Kleiner kinders dink nog nie hulle is "dom" as hulle nie verstaan of die boek hulle verveel nie. Die "dom" etiket word eers later om hulle nekke gehang ... totdat hulle dit self begin glo? Enige mens wat genoeg belangstel om 'n resensie of 'n boek te lees is beslis nie "dom" nie. Afhangende van waar 'n mens is in jou lewe, of in watter bui jy is ens. bepaal watse boek jou interesseer. Die lees van 'n boek is 'n baie persoonlike ervaring - dit is tog op slot van sake net jy en die boek! Die voorstel van 'n klomp resensente soos met flieks is 'n baie goeie idee. Resensies is broodnodig, want dis van die enigste maniere wat mense kan weet dat 'n produk beskikbaar is. Ek dink resensies moet altyd gelees word as die "subjektiewe" mening van 'n resensent - dat hulle kundig moet wees is van veel waarde in die sin dat hulle iets van die essensie van die boek kan aandui wat jou as leser kan interesseer. Maar lesers mag nooit dink hulle is "dom" as hulle dit nie self ingesien het nie. Hoe sal ons nou alles weet wat daar te wete is? Dis tog onmoontlik! Boeke kan ongelooflik verrykend wees, want dit verbreed jou menservaring - jy "beleef" ander se lewens en ander se mensbelewenis bring dikwels perspektief op jou eie. 'n Boek kan ongelooflik vertroostend wees - daar is ander mense net soos jy! Jy is toe, na alles, nie alleen op die wereld nie! Boeke kan ongelooflik snaaks wees! Dis darem lekker om te lag! Boeke kan net 'n lekker storie wees - wat gaan nou gebeur? Jy is bloot nuuskierig! 'n Boek kan en moet baie dinge wees! 'n Boek is 'n klein wereld op sy eie!
Ek kan dit nie beter of anders stel as Ben Okri nie:
The writer, functioning in a magical medium, an abstract medium, does one half of the work, but the reader does the other. The reader's mind becomes the screen, the place, the era. To a large extent, readers create the world from words, they invent the reality they read. Reading, therefore, is a co-production between writer and reader. The simplicity of this tool is astounding. So little, yet out of it whole worlds, eras, characters, continents, people never encountered before, people you wouldn't care to sit next to in a train, planets that don't exist, places you've never visited, enigmatic fates, all come to life in the mind, painted into existence by the reader's creative powers. In this way the creativity of the writer calls up the creativity of the reader. Reading is never passive.
Ben Okri: A Way of Being Free
Dis daardie wonderlike interaksie tussen leser en boek wat die magic maak! Resensente moet hierdie interaksie moontlik maak - om te gebeur of nie. Maar of dit gebeur of nie, hang af van die leser en die boek. Die resensent moet nie in die pad staan daarvan nie! Boeke is bedoel vir lesers. Boeke moet by mense uitkom - om te maak daarmee wat hulle wil - om te ervaar soos hulle wil! Hulle mag! Hulle moet! Hulle is die lesers! Elke leser mag! Alle lesers hoef nie saam te stem nie! Natuurlik nie!
Ai, ja. Boeke is baie, baie na aan my hart! Maar laat ek aangaan met wat ek moet doen. Lekker lees!
Groetnisse
Martie
Dankie, Martie vir jou bydrae oor resensente en skryf vir kinders. Daardie aanhaling van Ben Okri is veral insiggewend. Ek gaan dit by my werksplek opplak. Dink net as 'n mens die skare boekkarakters wat jy al in jou leeftyd ontmoet het, om jou sou kon sien en met hulle gesprek sou kon voer. Hoe verryk lees 'n mens se lewe tog nie! Ek kan my nie 'n wêreld sonder boeke voorstel nie. Lekker skryf!
Dit is 'n uitstekende aanhaling. Wat is lekkerder as om met 'n bietjie hulp van 'n boek in jou eie wêreld in te beweeg, jou eie idee van die karakters en hulle wêreld te vorm. En dan toonkrul warm onder die kombers te lê en jou te verlustig. Soms as dinge te erg raak kan jy gou uit spring en 'n koppie tee gaan maak, en dan weer kom terug glip en verder lees. Ons sou baie armer wees sonder boeke.
Hierdie sluit alles baie mooi aan by die boekbespreking - oor Atonement - wat ons gister by ons Leeskring gehad het. Dit was een van die beste boekbesprekings wat ek nog bygewoon het en was gedoen deur 'n Una, waarvan ek die van nou vergeet het (erg, né!). Een van die lank-onthou-dinge was juis die groot aandeel wat die leser in 'n boek het. Dalk is dit hoekom alle boeke nie vir almal goed of mooi is nie, ongeag die letterkundige waarde, al dan nie. As die leser geen aanklank by enige van die karakters vind nie, is die plesier sekerlik minder. Of is dit net die 'emosionele'leser wat so voel? Dis nou in teenstelling met die leser wat self meer letterkundige kennis het?
Dankie vir Una se van! Ek dink jy het dit nogal goed saamgevat. Ek dink dat mens se eie verwysingsraamwerk het 'n groot invloed op jou leeservaring.
Daardie boek van Ben Okri is wonderlik met baie wysheid in. Ek dink "lees" het dalk ook verval onder die aanname dat daar "regte" en "verkeerde" maniere is om te lees. Daar is nie, dink ek. Ander mag anders dink! Kinders is meer bevry daaroor as volwassenes omdat hulle hulle (nog nie?) steur daaraan nie. Daar is ook nie "regte" en "verkeerde" maniere van skryf nie - daar is net boeke wat werk en boeke wat nie werk nie - en die "werk" word bepaal deur?
Ek is 'n baie ongeduldige en veeleisende leser. Ek voel die lewe is te kort om te lees wat ek nie wil nie. Hoe het die vrou destyds gese? Life is too short to stuff a mushroom? Ek is seker veronderstel om "letterkundige" kennis te he - as skrywer? Is ek? Ek weet nie. Ek het Engels geswot op universiteit in die jaar toet. Ek het soos 'n maniak gelees van ek 6 jaar oud was. Van 14 jaar gelede, toe ek begin skryf het, het ek minder gelees - want ek was doenig met eie stories. Ek lees altyd omdat ek lus is. Nie omdat ek voel ek moet nie. As 'n boek my verveel, sit ek dit neer. Soms lees ek net die einde. Soms nie eens nie. Ek dink dis die skrywer se werk om my aandag te hou. Ek "meet" 'n goeie boek daaraan of die skrywer my "dwing" om elke woord te lees! Ek moet voel as ek nie elke woord lees nie, gaan ek iets mis! En ek wil niks mis nie! Ek hou van stories. "Letterkundige" boeke het dikwels nie stories nie. As dit verskriklik mooi geskryf is, sal ek dit lees. Dan is die lekkerte die taal en nie die storie nie.
Ek onthou ek het boeke gelees van ouerige vrou (Engels) wat laat in haar lewe haar eerste boek gepubliseer het. Een was van 'n troue met 'n gas wat by 'n ou tannie moes kom bly. Eintlik was daar nie 'n storie nie, tog het ek dit volgehoue gelees. Dit was sooooo mooi geskryf. Maar dit was jare terug. Toe ek jonger was. Nou onlangs het ek "History of Love" van Nicole iemand probeer lees. Dis ontsaglik goed geskryf - maar geen storie nie - nie sover ek gelees het nie, en ek kon nie aan lees nie, want dit begin met 'n ou man en hoe hy voel - en op amper 60 dink ek nie ek was meer baie enchanted om te lees van "ou" mense nie :) Dus het ek nog nie verder gelees nie. Ek het gelees en gelees en gewag vir iets om te gebeur ... maar niks - sover ek gelees het nie. Toe hou ek op. Nou le die boek hier. Miskien lees ek weer ... Maar ek is nie regtig nuuskierig om verder te lees nie ... of dalk is ek bang ek word nou oud! :) Daar is so baie redes hoekom ons van party boeke hou en ander nie. En ander mense hou weer van ander boeke. En dis alles wonderlik. Want ons lees en lees is wonderlik! En daar moet allerande soort boeke wees, sodat ons kan kies!
Dankie, Martie, jy sê dit so mooi. Ek dink dat ek lekker saam met jou sal kan lees.
Dankie vir `n ware en rare insig in die leeswereld van `n kind. Die waarde van die leeswereld kan nooit oorskat word nie maar.....
Elk kind weet waarvan hy/sy hou om te lees en moet daartoe toegelaat word. My kleindogter lees boeke op boeke, soms dink ek, meer as ek, wat `n leesslaaf is. Maar... ek kan haar nie Saartjie boeke laat lees nie, dit interesseer haar doodeenvoudig nie. Ek kon haar ook nie sover kry om te dink dat Katryntjie boeke oulik is nie. Ek neem haar dus nou na boekwinkels waar sy kan gaan sit en sonder haas die boeke kan deurgaan en boeke van haar keuse kan uitsoek. Soms kan `n kind se leeslus verdwyn as vir hom/haar besluit of gekies word. In die kinderafdelings van goeie boekwinkels is daar gelukkig nog nie ongewenste leestof nie.
Laat my toe om vir jou te vertel van `n onlangse ervaring met einste kleinkind se besondere ervaring van `n uitsonderlike boek. Haar genieting van die boek het my so be-indruk en ge-inspireer( koppelteken in afwesigheid van deelteken fasiliteit) dat ek die boek ook gelees het en as volwassene gedink het: "As elke grootmens tog maar net hierdie boek wil lees! Wat `n onvergeetlike leeservaring!"
Die boek ter sprake is " The Roald Dahl Treasury " `n Woordjie van advies. As jy dink dat jy alreeds R D ervaar het deur van sy boeke te lees , moet jouself nie misgis nie, lees asseblief hierdie versameling! Is daar nie dalkies iemand wie lus het om hierdie werk te vertaal nie?
Gelukkig het ek baie tyd en geduld met my kleinkinders en so het hierdie kleindogter my een vakansie geselskap gehou deur vir my uit genoemde boek voor te lees. Kan jy jou die plesier indink wat dit haar verskaf het dat ek die voorlesings saam met haar geniet het! Soms het ek net stil gaan sit en na haar geluister, soms het ek gekook en na haar geluister. Soms het ek gebad en soms in die tuin gewerk.
Ek wil met jou saamstem dat elke mens se lewe `n storie is en aanvullend daarby glo ek dat hierdie spesiale kind se lewe `n storie is. As ek gelukkig genoeg was om `n skryftalent te kon he, sou ek haar lewetjie wou verhaal.
Luister net hierna:
Where art though, Mother Christmas?
I only wish I knew
Why Father should get all the praise
And no-one mentions you.
I`ll bet you buy the presents
And wrap them large and small
While all the time that rotten swine
Pretends he`s done it all.
So hail to Mother Christmas
Who shoulders all the work!
And down with Father Christmas,
That unmitigated jerk!
Groete
Eleanor
Voorlees is vir my so mooi liefdesgebaar en 'n lekker manier om 'n boek te deel met iemand. Dis baie spesiaal as dit van 'n kind se kant af kom!
My ma het ook die The Roald Dahl Treasury by haar huis en ten spyte daarvan dat ons 'n groot versameling Roald Dahl boeke het, is my kinders ook mal oor hierdie boek. Ek dink mens kan nie moeg vir hom raak nie - ek lees graag sy volwasse stories ook. In die Treasury is daar lekker gedeeltes wat baie verteenwoordigend van sy werk is. Dis 'n mooi boek ook en dis lekker om ook net deur te blaai en hier en daar te lees.
This Topic Is Locked To Guest Posts
It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member