Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
48 views

Cape Town Book Fair

Page 1
posts 1–13 of 13
superstar - founder
993 posts
Dis amper weer tyd vir die Cape Town Book Fair. Dié wat gelukkig genoeg is om te kan bywoon, gaan loer hier.
__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
superstar - member
223 posts

trisa, ek dag jy gaan namens die forum willemien daar verteenwoordig, rustenburg le wyd uit die kaap uit!

superstar - founder
993 posts
Abrham, ek weet nie wie of wat ek gaan verteenwoordig nie, maar teenwoordig gaan ek wees, dis al te seker.
__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
superstar - founder
993 posts

Ek het die volgende van Fanatics gekry, is dit nie gaaf nie?

The 3rd Cape Town Book Fair takes place at the CTICC from Saturday 14 to Tuesday 17 June 2008 and it gives you a unique opportunity to rub shoulders with South African and world-renowned authors and celebrities.

You may ask yourself: Why did I receive an email notification of the Fair? The success of last years Book Fair was phenomenal, with over 50% of attendance being Fanatics members. Well, this year we are going even bigger by offering FREE ENTRY to ALL FANATICS MEMBERS across South Africa. All you have to do is present your Fanatics card and you will gain free entry to the Fair. It’s that simple.

YOUR ONE-STOP SHOP
It’s Fanatics 10th anniversary! To celebrate every fanatical year, we have gone back in time, to find out which books were the Top 10 bestselling books for the last 10 years. So start making space! The 100 bestsellers for the last 10 years will be for sale at the Exclusive Books stand at the Fair, together with many bestselling titles by leading authors talking at the Book Fair.

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
superstar - founder
993 posts
Martie, jou naam word genoem hier:

http://litnetblogs.24.com/ViewComments.aspx?__redir=1&mid=7aaeb7a0-a9ae-4067-872f-70c1aeaba510&blogid=ba8b2ce1-d480-4f66-a365-2033dc5a2dc3

Fanie Viljoen spreek sy kommer uit omdat daar niks in Afrikaans by die komende naweek se Boekeskou is nie, en vra waar is die skrywers. Maar ek sou eerder dink dis die organiseerders? Het jy enige kommentaar daarop?
__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
superstar - member
223 posts

"engels ,engels alles engels
engels wat ons sien en hoor
in ons skole in ons kerke
word ons moedertaal vermoor"

d.i. die rede vir die stigting van boekemakranka - net ons sal die verskil moet maak. om die handel en regering of andere buiten ons afrikaanssprekers te wil verantwoordelik hou om ons moederstaal in stand te hou en uit te bou is stupid. ons weet wat is die probleem, ons verstaan die oorsaak - wat wil ons bereik en hoe werk ons plan?

regular - member
121 posts

Oor die boekeskou - Ja - skrywers kan ook nou nie eintlik hulleself aanmeld nie - of hulle kan seker - ek kan nie :) Dis maar hartseer dat alles daar so Engels is. Miskien moes die uitgewers meer gedoen het. Ek weet nie. Ek dink ook die boekeskou is eintlik dalk 'n "showcase" van ons land se boeke vir moontlike oorsese uitgewers en daar is Afrikaans altyd agter bloot omdat niemand dit verstaan nie, behalwe die enkele boeke wat vertaal word. Maar die kindergoed is tog vir die plaaslike kleinmense? Ek weet nie. Ek dink hierdie kreef het al gewoond geraak. Mens spartel maar en skryf die beste boeke wat jy kan. En dan kom daar briefies soos hierdie met die pos aan - en dan weet jy alles is nog fine! Ons moet net aan en ons ding doen.

Liewe tannie Martie Preller

Ek is Cara Nel van Leeuwenhof Akademie. Ek is 7 jaar oud en in gr.2, in juf. Desere Louw se klas.

Ons het 'n leesprojek by ons skool en elke klas moet 'n uitstalling hou. Ons moes `n outeur kies om `n uitstalling oor te maak en ons klas het besluit op tannie te kies. Sal tannie vir ons klas 'n foto van tannie gee of dalk `n briefie skryf waarin tannie ons almal kan aanspoor om meer te lees? 'n Paar klasse het reeds uitstallings gehou, maar ons klas s`n is die 7de Julie.

Ek het al Balkie, Jamie en Sebastiaan en 'n haas moet doen wat 'n haas moet doen en soveel meer. Dankie vir al die lees pret, ek lees baie.

vriendelike groete
Cara

__________________
Elke mens se lewe is 'n storie.
regular - member
121 posts

Planne - ek het vandat ek begin skryf het (eerste boek is in 1992 gepubliseer) 'n droom gehad dat ek ons kinderkleintjies sou wou "vang" as lesers met 'n projek of "veldtog" waar die klem val op deurlopende stories vir kleintjies wat al hoe moeiliker word hoe ouer en meer bedrewe hulle word - stories om hulle aandag te hou, plesier te verskaf en taalvaardighede te bou. Dit het vir my sin gemaak om by die kinders vernuwende leesgewoontes te probeer skep. Hulle is mos die lesers van more? Ek het my egter orals vasgeloop. Niemand het gedink dis 'n oulike idee nie. Nou, jou werklikwaar - kon ons die begin van die jaar begin met die Loebi-Leesklub - op Kinderwerf.co.za wat toe al in alle geval Afrikaanse lees- en kreatiwteitsprodukte ens begin skep en bemark het. En alles floreer! Ons is nog besig om die Loebi-storiesprodukte te "maak" ens ens. Maar dit het baie groter afgeskop as wat ons ooit kon droom. So soms - is 'n tyd net reg om te begin om 'n droom te verwesenlik - met die hulp van ander. Nou kom daar al hoe meer ander interessante moontlikhede na vore. 'n Haas moet doen wat 'n haas moet doen!

__________________
Elke mens se lewe is 'n storie.
superstar - founder
993 posts
Bravo, Martie, Bravo! En sommer hiep-hiep ook vir jou! Nou dis mos nou waaroor mens dinge doen, of hoe? *High-Five* !!

Dis mos nou daardie klippie wat 'n mens in goeie geloof in die dam moet gooi, en jy nooit-ooit weer waar die rimpels heengaan nie.
__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
regular - member
121 posts

:) Dankie, Maankind. "High Five" inderdaad vir jou en almal wat bydraes lewer van watter aard ookal: Kreatiewe bydraes, lesend-kreatiewe bydraes, kommentaar, vrae, ens ens. Ek is altyd baie bevrees dat ek ook gaan begin, soos so baie ander skrywers, om dieselfde storie oor en oor te skryf - net met 'n ander milieu en met ander karakters. Uitgewers kom dit nie altyd agter nie - lesers wel. Was dit Van Wyk Louw wat gepraat het van: Die pad self is die ding wat trek. ? Ons gaan aan en doen ons dinge. Klippies in die water, inderdaad. Een. of twee, of drie kinders, soos joukindkinders ook, wat geniet is meer werd as enige goeie resensie of prys. Dis vir jou leser wat jy skryf!

__________________
Elke mens se lewe is 'n storie.
superstar - founder
993 posts
Gaan kyk op Izak de Vries se blog vir pragtige foto's wat hy by die Kaapse Boekeskou geneem het. Nou is ek weer jaloers!
__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
superstar - founder
993 posts
Karin Brynard skryf vandag in die Rapport oor die 'onrustigheid' by die Boekefees. Sy sluit af met:

"...die Boekeskou wat vir my soos ’n spieël werk. Ek kyk elke jaar in hom, maar sien altoos dieselfde prentjie – ons is almal malletjies, maar ons leef in hoop."
__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
rookie - member
1 posts

Dit is  nuttig om voor die tyd te beplan anders loop mens van die items mis. Moreoggend hoop ek en A om die  onderhoud met Antjie Krog deur Saartjie Botha, by te woon. Daar is sommer nog baie ander lekker goed ook. Kyk maar na die program.

__________________
Page 1
posts 1–13 of 13

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now