Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
156 views

Heinz G Konsalik

Page 1
posts 1–6 of 6
superstar - member
291 posts

Ek is in besit van 18 vertaalde werke van Heinz G Konsalik. Is daar nog mense wat dit lees en daarin belangstel. Die boeke staan en vergader stof op my boekrak, dalk is daar iemand anders wat daarin belangstel. Weet enige van julle van so iemand? Die boeke kom almal uit die vroeg 1970's

__________________
'Ek is, die Here hoor my 'n vry fokken vrou' Antjie Krog.
superstar - member
223 posts

kadys, ek het my eerste konsalik iets van die steppe op n elf jarige ouderdom gelees. Sy russiese dames was vir my as prepuber wild, uitdagend en so lewens dat sou ek n dogtertjie gehad het was sy verseker n natasha, olga of so iets. my romantiese beeld van oorlog is egter in angola versplinter na n landmynontploffing. verbeeldingsoorlog is nice, dit maak nie seer nie. nietemin het ek meeste van sy boeke gelees en dink hy het gawe gehad om liefde, bloed en koue vir my werklik te maak.

novice - member
49 posts
Kadys,
Ek neem aan jou Konsalik-boeke is deur Ludwig Visser vertaal?
Ek het een aand in die pub gesit met Pieter Spaarwater (Van Alle Kante-skrywer in Die Burger toe een ou dit nog dag ná dag geskryf het) en hy het my vertel dat dit Ludwig 'n naweek vat om 'n Konsalik-boek te vertaal. As jongerige vertaler daai tyd het ek my oor 'n mik geskrik en vir hom gesê ek glo dit doodeenvoudig nie.
Ek sal liewer nie uitwei oor die res van die gesprek nie.
Behalwe om te sê dat ek vir albei daai joernaliste groot respek gehad het en nog het.
__________________
None of us are perfect. I myself am peculiarly susceptible to draughts. (Oscar Wilde)
superstar - member
291 posts

Marinda, ek sal eers weer op die leertjie moet klim om te kyk. Van die twee wat ek kan bykom is die een inderdaad deur Ludwig Visser vertaal en die ander een deur Henk Botha.

__________________
'Ek is, die Here hoor my 'n vry fokken vrou' Antjie Krog.
rookie - member
1 posts

Hi Kadys...ek is mal oor konsalik. ek lees nie juis afrikaans nie, maar ek hou regtig baie van sy boeke. Ek kan onthou, die eerste een wat ek gelees het was Die Geskende Gesig, en toe ek op die einde kom toe is die laaste paar bladsye verwoes en uitgeskeur - kon hom nooit klaar lees nie.

Ons het ;n paar van hulle, maar ek sukkel my dood om die res te kry. My oums is ook lief om dit te lees, maar ek kry geen boek van Konsalik te koop behalwe die Konsalik Treffers nie - en dit sluit in die Snydoktor van Stalingrad en Die Geskende Gesig - wat sy al tot vervelens toe gelees het. Weet iemand dalk waar ek dit kan opspoor?

superstar - member
291 posts

Ek het juis al die oues, van destyds gehad. Ook 'n klompie van die nuweres. Tydens my trek het ek so gesukkel om van dit ontslae te raak. Ek het so ongeveer 15 of so verkoop gekry, party weggegee en ander na vriende op 'n plaas laat gaan.

Dis seker maar hoe dit altyd met sulke goed gaan, né. Wanneer jy met groot moeite, teen 'n appel en 'n eie of selfs verniet, daarvan ontslae geraak het, kom ander te voorskyn wat dit ook sou wou hê. So is dit mos nou maar!

__________________
'Ek is, die Here hoor my 'n vry fokken vrou' Antjie Krog.
Page 1
posts 1–6 of 6

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now