Ons ding nie mee met ander bestaande webwerwe nie, hierdie forum probeer 'n gaping vul wat daar bestaan in die virtuele ruimte.
Soos dit duidelik is uit die boonste paragraaf, praat ek eerder van hierdie ruimte op 'n beskrywende manier, in plaas van om kort en kragtig daarna te verwys. Virtuele Leesring was aanvanklik eerder 'n beskrywing as 'n naam.
Lang storie - Kort kwessie - Ons kort 'n naam! Dink aan 'n naam, skryf vir ons, en laat die kreatiewe spoeg spat.
Daar is heerlike pryse op die spel:
Die wenner kry Willemien word Groot EN Heita Kiewietan! Naaswenner kry Willemien word Groot, op voorwaarde natuurlik dat ons jou mening daaroor hoor, en dan is daar nog 'n troosprys van 'n CD met Kiewietan op, deur Thean. Daar is geen voorwaardes aan nie, want hy sing so mooi met sulke treffende woorde, dat jy buitendien al jou vriende gaan vertel.
Pryse goedgunstiglik geskenk deur die skrywer Abrham Nel.
Toe-toe-toe, laat ons hoor!
My voorstel vir 'n naam: Boekbelange
Dit sê so lekker.
Groete,
Marinda
Ek hou van Marinda se voorstel, dit val lekker op die oor en sê voorwaar maklik. Dit mag dalk later makranka word, maar dit sal seker net onder ons klompie wees?
Marinda,Boekemakranka is 'n wonderlike woord; ek wens ek het dit uitgedink, maar ek wonder of dit hééltemal die verwoording van Trisa in die 'motto' weergee? Ek wil glad nie hare kloof nie, want soos ek sê; lieflike woord, maar dink ook bietjie aan iets te doen met die skryf en leesprosesse, die baie woorde wat hierin gebruik word, of is ek nou simpel? Aag ek stuur maar, miskien dink jy nog net so 'n mooie uit en kan ek dié een by jou leen
/;-)
Hi
Het nou weer so op die gatkant ingekom oor die naamkwessie, maar ek stem ook vir Boekmakranka. Dit klink sommer net lekker.
Die Robertson Leeskring vergader Maandagaand en dan sal ek ons "virtuele leeskring" aan die anties daar bekendstel. Ek dink hulle sal dit ook geniet.
Liefnis
Anita
Ons is hier in die virtuele wêreld met webwerwe ensovoorts. Ek wou die naam 'Rendezvous' voorstel, want dis dieselfde in Engels en Afrikaans en beteken bymekaarkomplek. Toe ek die naam in die woordeboek naslaan, kry ek egter onder ander die betekenis 'werfkantoor' ook daaronder. Dit laat my toe dink, hierdie is 'n webwerf vir lesers.
So, as 'RENDEZVOUS' nie by julle byval vind nie, wat van 'LEESWERF'?
ek is nie deel van die kompetisie nie maar hou van 'VERTIGO' as mens na die oog van 'n orkaan kyk lyk dit of alles na die middelpunt tol - vertigo. ek is bewus dat die mediese betekenis anders is en as 'n dowe outjie ervaar ek dit dikwels. BOEKBELANGE , BOEKMAKRANKA, RENDEVOUS, VERTIGO, Ons is agtien lede op die forum, moenie huil as jul apatie julle die doopplegtigheid laat misloop. dalkies moet trisa laat weet wat julle eintlik mis as julle nie n willemien bekom nie!!!
AFTER ALL : " What is in a name? "
Maar is dit nie reeds "Boekemakranka" nie..of mis ek iets...die forum-titel bo-aan sê: "Boekemakranka - Virtuele Leeskring". Ek hou van dit soos dit reeds is, dit is Virtueel en dit is 'n Leeskring en "boekemakranka" wat so lekker sê, is reeds deel daarvan. Intussen sal ek probeer dink. Rendezvous klink ook goed.
Wat van Letter Knetter ...sjoe, dit klink bietjie "woes" :)
Nikita, nee, kyk nie die datums. Ek wou eintlik al hierdie inskrywings uitvee omdat dit nie meer relevant is nie, maar wou dit tog hou om vir nuwe lede te wys hoe het ons aan ons naam gekom.
This Topic Is Locked To Guest Posts
It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member