Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
18 views

Bydraes vol spelfoute

Page 1
posts 1–4 of 4
novice - member
49 posts

Mense, moet my nou nie stenig nie, maar dis vir my verstommend om te sien hoe agtelosig julle skrywers met die taal omgaan. Die bydraes wemel van die foute.
Wil julle nie maar die paar sekondes afknyp om net weer deur jul stukkie te lees voor julle die knoppie druk nie? Dit skep regtig nie 'n goeie indruk nie.
'n Wenk: Skryf jou bydrae rustig in jou eie woordverwerkingsprogram (waar jy jou letters kan groter maak om te sien wat jy skryf), laat die speltoetser sy werk doen, en copy en paste dit dan op die forum. Heel moontlik kan dit nog bandwydte ook spaar.
Laastens: Baie geluk, Trisa! Ek het 'n gevoel hierdie forum gaan nog 'n 'force to be reckoned with' word.
Groete,
Marinda Ehlers

__________________
None of us are perfect. I myself am peculiarly susceptible to draughts. (Oscar Wilde)
superstar - member
223 posts

marinda, jong ja - die gespellery en ander taalkundige kotteljonsies kan n puris se semantiese magie omkrap. kon ons begin n scoreboard. die bydraer met die minste
foute in 'n gegewe week kan vir die volgende jaar almal se foute vir hul uitwys en sommer regstel. een proviso - elke fout moet met die nodige spelreel en woordeboekverwysing gekorrigeer word on ons stouterds op te voed. viva afrikaans viva.

novice - member
12 posts

Liewe Marinda
ek vermoed ek is die grootste sondaar sover dit spellery betref
maar dan moet ek ok sê dat ek my eiesoortige manier van skryf aangeleer het
om vinniger te kan skryf, sê sy!
En nou sal jy nie weet nie, maar intussen het ek die een ogh verloor en die een wat oorgebly het was die swakke - ek sokkel maar om te sien:
en dit help nie veel om te proeflees nie, want die probleem bly die selle, Ek mis halwe letters - maar ek sal probeer. En as ekitie regkry nie; kill me, so please kill me . . .

__________________
engemi; as ek eendag groot is wil ek i woordverwerker wees
novice - member
49 posts

Ag, Engemi, net omdat jy so mooi skryf, vergewe ek jou sommer. Jammer ook oor die oog. Ek het nie geweet nie.

__________________
None of us are perfect. I myself am peculiarly susceptible to draughts. (Oscar Wilde)
Page 1
posts 1–4 of 4

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now