Gaan kyk hier http://leeskring.lefora.com/sabina/blog/
Kamiljoen, ek is alreeds verbitterlik jammer ek het nie besef het ek gaan nou maankind wees hier ook nie, ek het gedink dis bloot die naam waaronder ek aanteken, en dat ek dan my naam kies kon waaronder ek op die forum wou bekend wees (sou my eie wees, Trisa Hugo)
Jy kan nou een van twee dinge doen, as Kamiljoen by voortbestaan, maar onder jou profiel verduidelik soos wat Nadia gedoen het, of maak soos sy gemaak het en die forum verlaat en weer terugkom as jyself. Ek het tog wel op ander forums gesien dat mense mekaar buitendien leer ken. Die bietjie anonimiteit verleen dalk ook 'n gevoel van 'veiligheid' en sekuriteit aan nuwe lede.
Hoe voel die ander?
Ek stem saam met Kamiljoen. Sal ook liewer onder my eie naam wil deelneem. Hierdie skuilname is vir my bietjie soos 'n skoolbende. Ek voel nooit gemaklik as iemand anders behalwe myself nie.
Marinda
ons is mos nie skaam oor wat ons op hierdie forum gaan se nie. dis altyd nice as jy weet met wie jy praat. my doopname is willem abrham nel en ek gebruik die abrham as ek skryf. my pa of was dit dalk die registrasieklerk het die abrham so gespel en dit is hoe hy ook in my id boekie voorkom. trish en nadia het uitgehaal en gewys. show yourselves or be damned!!! sukkel om n foto afgelaai te kry, wie kan help?
Abrham, ek sal graag help as ek kan. Wat presies gebeur as jy 'n foto probeer laai?
Marinda
ek gaan na browse en select dan uit my documents my photos. ek select die foto en click op hom, hy moet dit mos nou paste of iets ... niks gebeur nie. hoe maak mens n thumbnail van n foto. laat my dink aan esme en jan se springbokradio se
"so maak mens" party van ons verstaan die 'so' nie te lekker nie. net n opmerking, ek het darem al 2 geskriffies gedruk gekry - ok maar net net. anner ding, hoe kry mens die dotjies en kappies op n skrywe op die forum. melt sit maar altyd myne vir my by. hoe lyk dit trisa gaan jy hier ook help met die taalversorging, of sal moet ons sommer kadys inspan?
Abrham,
Nadat jy op die foto gekliek het, moet jy upload ook kliek op die forum.
Die dotjies en kappies kan jy maak as jy die US-International toetsbord op jou rekenaar kies as jou default keyboard.
Hoop dit help.
Groete,
Marinda
nee wat, die gekliekery sonder resultate koer my moer. of ek stuur n foto vir iemand wat kan of ek bly maar n blank
Dankie Trisa, ek het inderdaad wel in my profiel veklaar wie ek is, en ek vergeet net deurentyd om my regte naam onderaan te teken. Maar ek glo nie dis so vreeslik belangrik om onder mens se naam te bestaan nie, ek het maar net gedog dit sal goed wees om 'n vorm van intimiteit te skep - so met eie name. Ek dink die kern van die forum sal hier vroeg al gevorm word, want ons is seker meesal mense wat ernstig is oor die woordbedryf. - soos ek sien aan die van julle wat ek wel ken. Hoe ook al - ek het nog altyd overal chameleon of kamiljoen gebruik as my "by"naam en behalwe virie paar oukies wat my aangesien het vir Chris Chameleon (I wish!) dink ek almal wat my ken weet al, so die aap is uit die mou
engemi
Haai Trisa
i think i did it, i think i did it!
Ek het my profiel nou weer 'n keer (x 3) hersien en nou wys my naam ook in die blurb as mens daarop tik in die algemene forum blaai. So die masjien hersien ons self asof onder ons eie naam, dis koel!
This Topic Is Locked To Guest Posts
It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member