Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
171 views

PROEFLERS

Page 1
posts 1–13 of 13
superstar - member
291 posts

Kan mens nie sommige Uitgewershuise kry om bietjie hier te kom loer as hulle iemand vir Proeflees van boeke benodig nie. Ek sien myself byvoorbeeld glad nie as 'n taalversorger nie, maar ek dink dat ek 'n goeie profleser kan wees. Soms lees ek 'n boek, wat ek selfs baie geniet en wat ook dié van 'n bekende skrywer mag wees, waarin ek hinderlike foute kry. Dinge wat dikwels onwaarskynlik of ongeloofwaardig voorkom. As en ek is seker dit word gedoen, proeflesers die boek voor die drukproses onder oë kan kry om sulke dinge uit te wys, sal dit 'n beter produk wees wat die wêreld ingestuur kan word. Ek het by verskillende uitgewers my dienste aangebied, maar was tot dusver nog nie suksesvol nie.

Kan hier nie 'n afdeling wees waar mens jou dienste beskikbar kan stel, dit gee dalk meer bedingingsmag by uitgewers? Wat dink julle?

__________________
'Ek is, die Here hoor my 'n vry fokken vrou' Antjie Krog.
superstar - founder
993 posts
Stadig Kadys! Ons is nog in ons kinderskoene. Ons wil onsself eers deeglik vestig voordat ons op hierdie manier die Groot buitewêreld se aandag op ons wil vestig. Op die oomblik is die wagwoord kwaliteit bo kwantiteit. Sodra ons 'n krag is om mee rekening te hou, sal ons wel raakgesien word, pleks van 'n tiener wat skree, Look at me, look at me. So 'n verwronge soort Quiet Diplomacy wat ons handhaaf. Ons sal self so groei, dat die uitgewers gaan baklei oor ons dienste en ons goedgesindheid!
__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
superstar - member
291 posts

Ai, maankind, jammer ek kan mos tog altyd so voor op die wa wees! Ek sal maar weer my skoene van nederheid aan my voete glip! Maar wat is 'n ou voorstelletjie dan tog as mens hom nie kan voorlê nie!

__________________
'Ek is, die Here hoor my 'n vry fokken vrou' Antjie Krog.
novice - member
49 posts

Kadys,
Ek wil nou nie snaaks wees nie (en dis nie persoonlik bedoel nie), maar as 'n uitgewer jou bydrae hier moet lees, gaan hy/sy nie dink dat jy 'beskikbar' is as 'profleser' nie.

__________________
None of us are perfect. I myself am peculiarly susceptible to draughts. (Oscar Wilde)
superstar - member
291 posts

O, gits, oops! Jy is reg, woordsmid. Net om jou te wys, ek is beskikbaar as proefleser!

__________________
'Ek is, die Here hoor my 'n vry fokken vrou' Antjie Krog.
novice - member
49 posts

Kadys, kan jy dalk vir ons voorbeelde noem van "dinge wat dikwels onwaarskynlik of ongeloofwaardig voorkom" wat jou gepla het in boeke. Dit is iets wat nie eers in die proefleesstadium opgetel moet word nie, maar deur die redakteur wat met die manuskrip werk.

In die proefleesstadium wil 'n mens so min moontlik regstellings hê. 'n Oorywerige onopgeleide proefleser kan 'n riskante besigheid wees. Ek het al ervaar dat taalfoute wat ek in die redigeerproses reggemaak het, deur 'n proefleser (partykeer sommer 'n pêl van die uitgewer wat graag lees) weer verkeerd gemaak word.  Dit is uiters frustrerend en maak my tiete behoorlik lam.

Net om 'n voorbeeld te noem: mense het goed gemeen, nie IN gemeen nie. Sien wragtig nou die dag dat die proefleser die IN weer loop terugsit het. 

Marinda.

__________________
None of us are perfect. I myself am peculiarly susceptible to draughts. (Oscar Wilde)
superstar - member
291 posts

Marinda, miskien is proefleser nie die regte benaming vir dit wat ek in gedagte het nie, dalk het dit meer met kontinuiteit te doen. Ek sien myself glad nie as 'n taalkundige nie, daarvoor is ek heeltemal té lief vir kommas op verkeerde plekke. Die beste voorbeeld van dinge wat ek as ongeloofwaardig en onwaarskynlik beleef het, was soos dit in EKM Dido se 'n Ander ek voorgekom het. Dit was nie vir my baie waarskynlik dat 'n persoon wat uit 'n goeie agtergrond gekom het (soos die karakter in die boek) en met 'n goeie akademiese opleiding so heeltemal kon verdwyn. Ek was heeltyd oortuig daarvan dat daar met die ontknoping van die verhaal 'n verduideliking daarvoor sou wees, maar daar was nie. Terselfdertyd was mens beindruk met die skrywer se kennis op haar vakgebied as verpleegkundige (tog het dit die wanbalans in die boek verhoog). Nadat ek haar boek 'n Stringetjie blou krale gelees het, was ek baie opgewonde om hierdie nuwe boek van haar te lees. Ek het namens haar 'n verleentheid ervaar. Nog 'n voorbeeld, net op 'n ander vlak, was Chanette Paul se Springgety. Ek dink een en elkeen van ons op hierdie forum weet dat Chanette iemand met baie goeie kwalifikasies is. Ek het begrip daarvoor dat sy vir 'n spesifieke teikenmark skryf met haar liefdesverhale en hierdie, haar eerste spanningsroman. Daar was van meet af aan woorde wat selfs ek in die woordeboek moes gaan naslaan. Ek is van mening dat die taalgebruik hier en daar bo die vuurmaakplek van baie van haar lesers is. Haar boeke oor die Davelvroue het weer beindruk met die goeie navorsing wat sy gedoen het, maar daar was nie sulke lastighede nie. Ek weerhou myself gewoonlik van kritiek soos hierdie, want wie is ek nou eintlik? Maar ek is 'n leser en daar is goed wat vir my steurend is in sekere boeke. Ek sou ook nie hierdie kritiek maklik in die openbaar uitspreek nie, maar jy het vir voorbeelde gevra. Op watter stadium hierdie taak waarvan ek praat, gedoen moet word, weet ek nie, maar ek dink dat ek dit sal kan doen.

__________________
'Ek is, die Here hoor my 'n vry fokken vrou' Antjie Krog.
rookie - member
2 posts

Goeiedag Kadys.
Ek stem in 'n mate ten volle saam met jou. 'n Skrywer het nie altyd iemand nodig net om sy spelfoute te check nie, maar iemand wat uit 'n lesersoogpunt kan sien. Ek skryf self en dan het ek een of twee vriende wat my boeke deurgaan, maar ek voel dat hulle nie eerlik genoeg is nie. Ek voel dat hulle my gevoelens wil spaar in plaas daarvan om my reguit te sê dat 'n dialoog of hoofstuk nie werk nie. Miskien kan ek van jou dienste gebruik maak?
Kontak my by jayge.carstens@gmail.com sodat ons kan gesels. Sal graag jou input buite die boksie waarin ek lewe wil hoor.

rookie - member
8 posts

Woordsmit

Jy het my nou na my HAT laat gryp. Ek was nog altyd onder die indruk dat mense iets IN gemeen het. Volgens die HAT (vierde uitgawe) is albei vorme aanvaarbaar. Het die nuwe HAT 'n verandering aangebring of is die HAT verkeerd?  Se^ die AWS iets anders. Sal graag wil weet.

Antoinette

rookie - member
8 posts

Skuus: woordsmid met 'n d

novice - member
25 posts

Antoinette,
Ons is op Bosman, Van der Merwe en Hiemstra se Tweetalige Woordeboek grootgemaak by Nasionale Pers. Kyk ook in Skryf Afrikaans van Dalene Müller op p. 89. Baie goeie bron.
Groete,
Marinda

__________________
Art is the only thing that can go on mattering after it has stopped hurting - Elizabeth Bowen (1899-1973)
rookie - member
8 posts

Dankie Marinda!

Ek gaan bietjie loer vir "Skryf Afrikaans". Bosman, Van der Merwe en Hiemstra staan hier onder my neus.




guest poster

Dit is baie belangrik, maar ek het nou nie geld nie en my tyd op aarde gaan ook nie vir ewig duur nie en ek geniet die goetertjies in my skrywery wat spontaan gebeur, soos as daar 'n blerts verf op 'n skilderasie val.

Dit lees makliker as alles perfek is, maar toe ek moes boeke kies op boekeloer, het ek interessante fonts en kreatiewe boeke gesoek wat visueel prikkelend en bietjie anders is en korter is, ek kan nie meer sulke lywige boeke lees sedert my chemo wat my brein bietjie laat moeilik konsentreer het nie.

Ja, ek skryf so spontaan, maar ek redigeer en sny baie daaraan en probeer later my Afrikaans suiwerder kry, dis als so lekker vir my en ek wil net 3 boekies skryf wat ek as deel van my kreatiewe kuns beskou. Dan kan ek mos my naam daarby sit.

Ek het 'n vreeslike swakte vir oorspronklikheid al is dit dan onvolmaak, vul dit my met verwondering.

Ek het net vandag nog 'n hoofstuk van my gotiese magiese ontvlugting geskryf.


Page 1
posts 1–13 of 13

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now