Galjoen31, dit sal jammer wees om jou te sien gaan, verskillende sienings skep balans. Almal se smake verskil en ek het respek daarvoor as jy voel dat hierdie jou nie stimuleer nie. Miskien kry ek met my louerige sieninge meer pitkos uit die bietjie peper wat jy kan inbring as andersom.
Vergewe maar, hierdie forum is pas gestig en ontwikkel nog tot eie reg. Ek sou graag wou hê dat jy ons 'n bietjie kans sal gee, dalk kry jy later meer daaruit.
As jy net jou foto wil verwyder, kan jy dit in Edit Profile doen, kies dan die opsie Change your photo, en kies dan iets nuuts.
As jy die forum geheel en al wil verlaat, gaan na Edit Profile, kies dan Dashboard, en dan Leave.
Trisa Hugo
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain)
Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027