Haai julle, ek weet nie of ek nou uit my plek praat nie, maar ek wonder of emns nie kan ontslae raak van die ingilse 'by' in die onderwerp nie? Miskien bloot weglaat, of dalk vervang met deur - sou dit kon? Dis so hinderlike want dit speel heel tyd op iemand by iets of iemand anders, as julle nou weet wat ek bedoel?
Dankie as dit moontlik is - sal my persoonlik verheug.
Ek het nou toevallig op hierop afgekom want ek het vanoggend presies dieselfde gedink; die 'by' pla my ook nogal! Ek het gewonder of jy nie kan aanbied dat ons die Engelse gedeeltes vertaal en dat lefora hierdie ruimte dan in Afrikaans ook kan aanbied nie (dalk nie alles op die lefora site nie net die forum gedeeltes wat ons gebruik!). Dit word tog reeds op heelwat ander plekke gedoen - wikipedia 'n maklike voorbeeld maar met iets soos blogger.com kan jy ook uit heelwat tale kies (ongelukkig nie Afrikaans nie maar wel Nederlands). Dit maak tog ook hulle produk/diens beter!
Ek het al navraag gedoen, maar dit is klaarblyklik té ingrypend vir 'n baie, baie klein persentaisie van hulle gebruikers.
Ons sal ongelukkig daarmee moet saamleef. Ek sien dit glad nie meer raak nie, hierdie kreef het vinnig aan die kookwater gewoond geraak.
Dankie :) Ek dink my probleem met 'by' is dat dit 'n Afrikaanse woord ook is wat buite konteks vir Afrikaans is. Ek is darem al op die 'o ja' stadium eerder as 'uuhh?' van vroeër! Die ander Engelse woorde sien ek glad nie raak nie. My brein herken hulle seker gou genoeg.
This Topic Is Locked To Guest Posts
It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member