Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
67 views

Verskillende genres

Page 1
posts 1–13 of 13
superstar - member
291 posts

Vir my sou dit goed wees as ons besprekings hieroor kan hê. Mens kan dit selfs in onderdele verdeel, as daar 'n behoefte is. Ek dink nou maar oor, behalwe vir die verskillende genres, wanneer is iets letterkunde? Hoe evalueer jy as leser 'n boek? Steur jy jou aan resensies? Hoe lees jy 'n boek, kom ons gesels daaroor.

__________________
'Ek is, die Here hoor my 'n vry fokken vrou' Antjie Krog.
superstar - founder
993 posts

Vir my sou dit goed wees as ons besprekings hieroor kan hê

Kadys, dis juis 'n baie relevate gesprek wat oral aan die gang is. In koerante, en op LitNet ook.

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
superstar - member
291 posts

Nou maar juis, dan kan jy mos vir ons 'n paar afdelings hieroor oopmaak?

__________________
'Ek is, die Here hoor my 'n vry fokken vrou' Antjie Krog.
guest
0 posts

Ek druk dalk nou my kop in 'n bynes in oor die "wat is letterkunde" vraag: ek dink dit is boeke wat jou bybly. Jy oordink dit lank nadat jy dit klaar gelees het en dit help vorm aan jou wereldbeskouing. "Nie-letterkundige" boeke kan dit dalk ook tot 'n mindere mate doen? Die doel van lg boeke is dalk ontvlugting (niks daarmee verkeerd nie). Die doel van eersgenoemde is dalk om te wil beinvloed? Wil iemand anders 'n opinie waag?

superstar - member
291 posts

Ek sou tot 'n mate daar van jou wou verskil, Sabina.Dis moontlik dat letterkundige jou dalk vir langer, selfs lewenslank kan bybly. Maar tog is daar boeke wat nooit hierdie kategorie sou kon haal nie, maar wat jou ook vir baie lank kan bybly of laat nadink. Ek dink daar is baie dinge wat hiertoe aanleining kan gee. Wat jou gesteldheid, jou lewensomstandighede en gebeure in jou lewe is op daardie tydstip wat jy die boek lees, is. Ek het bv. Agaat gelees, wel wetende dat dit 'n groot letterkundige werk is, tog het dit nie so 'n groot indruk op my gemaak nie. Ek sal nou weer my kop in 'n bynes steek en sê dat dit heeltemal té lank uitgerek was.
So het ek baie hard probeer om Asbesmiddag te probeer lees, maar ek moes later die saak gewonne gee. Die gedagte dat die skrywer 'n groot letterkunige skrywer is, kon nie eens by my entoesiasme opwek nie. Dis wanneer ek dan soms wonder of dit nie juis die reputasie van 'n skrywer is, wat maak dat sy boeke nie sommer by 'n uitgewer weggewys sal word nie.

Kom ons dink ook aan Annelie Botes se boeke, mense beskou dit nie sommer as letterkundige werke nie, maar een en elkeen van haar boek bly jou lank by.Maar net so sal 'n uitgewer ook nie sommer haar boeke wegwys nie.

So dink het dat ons nog nie by die definiese uitgekom het nie. Wat sê julle?

__________________
'Ek is, die Here hoor my 'n vry fokken vrou' Antjie Krog.
novice - member
12 posts

Liewe Kadys
ek wil graag antwoord op jou'motto' onderaan. Natuurlik kan jy ophou! Jy moet net wil ophou. Dis soos toe jy lank gelede, dalk, begin het, toe wou jy NIE ophou nie. Maar mense wat al baie jare skryf het my vertel dat ophou ewe maklik is. Jy doen dit net /;-)

Voorts - oor genres.
Dis interessant dat die onderwerp nooit deurgekou raak nie; ons wonder altyd daaroor. maar ek weet nie of dit nodig is nie, want op die ou end lees die leser wat die leser wil. Jy het dit pas bewys toe jy sê jy kon nie aangaan met asbesmiddag nie. Dis nie omdat die literariteit daarvan te raar of te lit is nie, dis eenvoudig omdat dit nie boeiend is nie. Daarenteen is Atonement boeiend van die begin tot die einde. Daar is so hier en daar 'n trekkerigheid waaroor ek gespring het, want ek laat my nie verveel nie, deur g'n skrywer nie. Daars te veel wonderlike leesgoed daarvoor. Dit wil natuurlik ook sê dat ek juis daarom soms dinge mis wat vir my goed en/of mooi sou wees om te lees. Maar so betaal mens dan die prys vir jou eie jaery in die eeu waarin ons nou leef. En so moet ek dan self atone vir my foutjie. Ek sou nog meer wou sê oor Asbes, maar ek het nou ok al genoeg gesê. Sela.
Tog net dit nog oor genres; het dit jou al opgeval hioe mens soms 'n sekere boek nie gelees kry op 'n sekere tyd in jou lewe nie,. net om na jare daarin te val asof dit vir jou geskryf was? Ek dink so het verskillende genres hulle eie nut in ferskillende fases w=van mens se lewe. En wat dan gebeur is dat die meer e-e literêre skrywers, se werke eenvoudig net langer hou. Maar dis weer 'n ander onderwerp. Sela 2

__________________
engemi; as ek eendag groot is wil ek i woordverwerker wees
novice - member
49 posts

My woordeboek gee 'n mooi beskrywing van wat letterkunde is: Written works, esp. those whose value lies in beauty of language or in emotional effect.
Dit beteken dus dat iemand soos Annelie Botes se werk ook as letterkunde beskou kan word.
My gevoel is dat mense dikwels geneig is om iets as letterkunde op te hemel net omdat die skrywer 'n professor of 'n ding is.

__________________
None of us are perfect. I myself am peculiarly susceptible to draughts. (Oscar Wilde)
superstar - member
223 posts

elke mens soen sy lewensmaat op sy eie manier. letterkunde is stories wat menswees deel. elke mens lees sy lewenservaring by 'n boek in. sommige verwysingsraamwerke is akademies of rasioneel wyl ander meer emosioneel of intuitief is. die leeservaring vir elke individu bepaal of die boek " beautiful language of emotional is" sou die ervaring opbouend vir die individu wees, is dit seker "letterkunde" die punt is : lees is die mees wonderlike aktiwiteit vir my denkbaar. ek hoor stemme uit kulture, geografiese uithoeke en honderde jare gelede duidelik. boeke gee ons collective unconscious stemme en karakters. voorwaar 'n truth-ervaring in the making.

superstar - member
291 posts

Op al drie die bydraes het ek kommentaar, bloot omdat ek by al drie pitkos gekry het.
Kamiljoen oor my 'signature' - terloops motto val vir my hier beter op die oor. Ek glo jy is reg in jou siening, dan is dit seker maar 'n geval dat mens nie kan op hou voordat jy nie uitgeskryf is nie. Ek is nog nie uitgeskryf nie en geniet dit nog te veel.

Woordsmid, op haar beurt bring ons terug nad di eharde werklikheid en Abrham kom taamlik naby aan hoe ek my leeservaring beleef. Wanneer ek 'n boek werklik so geniet dat ek alles wil 'indrink' verkies ek dat die boek aan my moet behoort want dan kry die kort liniaaltjie en potlood wat altyd op my bedkassie lê, werk.

Om julle almal se insette en ook my eie op te som bring my uiteindelik uit by die opinie van resensente. 'Hulle' kan 'n boek maklik ophemel as 'n grootse letterkungige werk en omdat ek nie die grootsheid in 'n relatief vervelige boek kan raaksien nie, laat hulle my voel soos iemand wat nie die koning se klere kan raaksien nie. Intussen sien ek duidelik dat die koning geen of weinig klere aanhet nie, maar omdat ek 'n pleb is teenoor die 'grootse resensent' sal ek vinnig as so afgemaak word, sou ek my opinie lug. Daarom dus dat ek resensies met baie voorbehouede lees. Ek lees 'n boek of los dit, want lees is vir my groot plesier, hoekom MOET ek dus 'n boek lees omdat Resensent sus of so die boek hoog opgee. Op 64 mag ek besluit wat ek wil lees. Amen!

__________________
'Ek is, die Here hoor my 'n vry fokken vrou' Antjie Krog.
novice - member
49 posts

Dis waar wat jy sê, Kadys. Ek het al deur etlike Booker Prize-wenners probeer worstel, maar dink nie ek het al één deurgelees gekry nie. Aanvanklik was ek erg bekommerd daaroor, maar later het ek die volgende teorie ontwikkel: As die "slim" beoordeelaars nie lekker agter die kap van die byl kan kom nie, reken hulle die skrywer moet slimmer wees as hulle; dan kry hy/sy sommer die prys.

__________________
None of us are perfect. I myself am peculiarly susceptible to draughts. (Oscar Wilde)
superstar - member
291 posts

Jy het dit nou baie goed gesê! Komende van jou, beteken dit baie.

__________________
'Ek is, die Here hoor my 'n vry fokken vrou' Antjie Krog.
novice - member
38 posts

Smaak verskil!
Vir my was ASBESMIDDAG onderhoudend, goed, het my dae gemaak, dus 'n baie baie onderhoudende en heerlike lees-ervaring: dit lewer kommentaar op die eietydse Suid-Afrika, die gemors by ons universiteite wat net Engels gebruik, al is 8o% van personeel en studente Afrikaans of Xhosa-sprekend, die troebels en troebelasies van elke dag se "nuwe Suid-Afrikaanse" lewe. En daarby 'n pragtige uitbeelding van Rupert, die sigaretmagnaat en oorsaak van vroee dood by rokers, agter die "asbesmagnaat" (sy huis vol kunswerker en sy nederige lewensstyl en sy persoonlikheid: beter as enige fliek) en die beskrywing s van Stellenbosch deur iemand wat klaarblyklik die dorp in al sy fasette deur en deur ken soos dit vandag is. Letterkunde moet tog ook meer wees as net ontvlugting?! Sosio-politieke kommentaar wat mens stimuleer, uitbeelding van oortuigende karakters, relevant, met dinge om oor te dink? Vir die leser iets meer bied as vlot lees,tydverdryf, en verder het jy niks daaraan nie?

novice - member
12 posts

Haai Galjoen
Absoluut! Lees moet meer wees as ontvlugting. Maar dit kom hoegenaamd nie eers as vraag by my op nie. Ek het my tande gesny op Dostoejefski; nou moet jy weet. Dit was darem in Afrikaanse vertalings, maar as mens as voortiener op daai goed begin het, verseker ek jou ontvlugting is nie my hobbelperdjie nie. Maar wanneer ek wil ontvlug, belowe ek jou lees ek verseker ook vir ontvlugting. Ewentwel, jys 2 x reg. Smaak verskil. Ek begin agterkom dat ek so 'n effense hekelrigheid het aan baie skrywers wat in Afrikaans skryf. Ek weet nie wat dit is nie, maar dit kom voor as 'n soort verveling met die lees. Om dit te vermy proveer ek soms die boke in Engels, en dan gaan dit beter.

Hoekom dit so is is vir my duister, want Afrikaans is tog deel van die bloed in my are. Dis nie so met almal nie. Nie met George W. nie, nie met Hennie Aucamp nie, nie met Ingrid Winterbach nie, nie met Petra Muller en nog 'n hele paar anner, maar met sommige skrywers voel dit vir my asof hulle skryf om die bladsy vol te kry. Ek vind dit by myself ook, en as ek dit sien gebeur, dan hou ek op; maar dikwels kan mens dit nie in jou eie werk raaksien nie.
Ek het 'n week of twee gelede 'n boek oor die kamer gesmyt - 'n Engelse boek, maaind joe - wat my ook so beledig het. En dit nogal 'n riller julle. Nee wat, soos ek gesê het, daar is net te veel wonderlike leesgoed om tyd af te staan aan ouens wat nie hard genoeg probeer om die taal en die storie vir my te laat sing nie. Maar ek sal een of ander tyd Asbesmiddag klaar lees, en soek vir daai dinge waaroor jy praat, al is dit net omdat ek so heeltemal mal was oor Toorberg.

__________________
engemi; as ek eendag groot is wil ek i woordverwerker wees
Page 1
posts 1–13 of 13

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now